IPC soek die stembriewe

President Nangolo Mbumba een van die respondente
Die IPC beweer die verkiesing is ontsier deur ongerymdhede en dat sy soektog vir toegang tot verkiesingsmateriaal ten doel het om die omvang van die ongerymdhede te bepaal.
Staff Reporter
Die inkomende amptelike opposisieparty Independent Patriots for Change (IPC) het 'n dringende regsaksie begin waarin onder meer vir ‘n bevel gevra word vir die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) om stembriewe van die pasafgelope presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesing vir noukeurige ondersoek beskikbaar te stel.

IPC het 20 setels in die Nasionale Vergadering gewen, die hoogste nog vir ‘n opposisieparty in die 34 jaar van onafhanklikheid. Die party se presidensiële kandidaat, dr. Panduleni Itula, het 26% van die stemme behaal in die wedloop vir Staatshuis behaal, ná die 58% van Swapo se

Netumbo Nandi-Ndaitwah’s. Swapo het die parlementêre stem met ‘n skrale 53% behaal, die laagste nog in die geskiedenis van die party.

Die IPC het deur sy regsverteenwoordiger Dirk Conradie op 6 Desember toegang gevra tot gespesifiseerde verkiesingsmateriaal. Die ECN het beloof om teen Maandag (9 Desember) op die versoek te reageer wanneer advies van die regering se regsverteenwoordigers verkry is. Die IPC sê dit het egter later besef die ECN het geen mag of outoriteit om die versoekte materiaal sonder ‘n hofbevel aan die party vry te stel nie.

Tot dusver het die IPC die uitkoms van die verkiesings verwerp en sê dit was die produk van ‘n gebrekkige proses en ongrondwetlike besluite deur beide die ECN en president

Nangolo Mbumba. Laasgenoemde het ná ‘n chaotiese eerste dag van stemmery landswyd dit vir twee dae in sekere dele van die land verleng.

In hofdokumente bevraagteken die IPC Mbumba en die ECN se besluit om stemmery tot 28 en 29 November te verleng. Dit nadat dit oorspronklik net vir 27 November belê is. Die party se verweer is dat by regte ‘n stemdag nie minder nie as 15 dae en 20 dae mag wees ná die dag waarop die proklamasie in die Staatskoerant gepuliseer is nie. Die IPC sê ook dat stemmery wettig toegelaat is om van 07:00 tot 21:00 op 27 November plaas te vind. Die ECN het egter opdrag gegee dat stemlokale moet voortgaan om nuwe aankomelinge later as 21:00 steeds toe te laat om te stem. Hoewel die dag van die verkiesing as ‘n openbare vakansiedag verklaar is, was dit volgens die party nie die geval met die twee dae - 28 en 29 November - se verlengde stemmery nie en was dit volgens die IPC ongrondwetlik.

“Om ’n openbare vakansiedag vir verkiesingsdoeleindes te verklaar, moet dit logies bedoel wees om mense se uitoefening van hul grondwetlike reg om te stem te vergemaklik,” sê die IPC se nasionale algemene sekretaris Christine !Aochamus in hofdokumente wat Maandag geliasseer is.

Die IPC beweer die verkiesing is ontsier deur ongerymdhede en dat sy soektog vir toegang tot verkiesingsmateriaal ten doel het om die omvang van die ongerymdhede te bepaal.

“Dit stel IPC ook in staat om te oorweeg of optrede oor die geldigheid van die verkiesing van stapel gestuur moet word," het !Aochamus gesê.

““[IPC] weet nie hoeveel stemme vir elk van die verkiesings op stemdag uitgereik, uitgebring en getel is nie, insluitend die sogenaamde verlengde dae. Dit weet ook nie watter nommers op 28 November 2024 by watter stemlokale regoor die land ingesamel en versamel is nie.”

Sy aansoek poog nie net om die onwettige optrede deur die ECN en Mbumba te wys nie, maar ook die aantal stemme wat verkry is en die geldigheid daarvan in die konteks van die reg.

IPC sê as die hof die ECN nie beveel om die stemmateriaal vry te stel nie, dit die party sal ontneem van sy grondwetlike regte om die aansoek billik te laat bepaal op grond van objektiewe feite, wat hy slegs deur 'n hofproses kan bekom.

Toegang tot die materiaal sal ook help om die party in te lig oor watter regstappe, indien enige, om volgende te neem. Die ECN se voorsitter Elsie Nghikembua en sy uitvoerende hoof Petrus Shaama, sowel as Mbumba is onderskeidelik die eerste, tweede en derde respondente in die saak. Geen ander respondente, ingesluit die ECN as die verkiesingsowerheid, word in die saak gelys nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 28° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 19° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 17° | 34° Keetmanshoop: 16° | 34° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 15° | 34° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 17° | 29° Antananarivo: 16° | 28° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 37° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 18° | 24° Durban: 22° | 31° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 26° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!