Is De Klerk nog in gevaar?
Uitleweringsverhoor vir September geskeduleer
Marén de Klerk doen tans aansoek om 'n beperkingsbevel op sommige van sy bates te herroep.
Voor die voortvlugtende Marén de Klerk in Junie vanjaar in Suid-Afrika in hegtenis geneem is, het hy beweer hy het die afgelope drie jaar vir sy lewe gevrees.
“Ek is deeglik bewus van die magte wat ’n rol in die Fishrot-skandaal speel. Ek het óf direk óf indirek ’n aantal sleutelbeskuldigdes en ander mense by die Fishrot-saak betrek, sowel as mnre. [Adriaan] Louw en [Dani] Breedt.”
De Klerk was destyds onwillig om sy ligging met enigiemand – selfs die howe – te deel. Dit is wel nou bekend dat hy in Suid-Afrika is en dat hy op 25 September weer in die landdroshof in die Paarl sal verskyn vir sy uitleweringsverhoor.
“Daar was aanduidings dat mense op soek was na my en dit was nie Suid-Afrikaanse polisiebeamptes nie, maar eerder skelm agente wat gestuur is om my óf te ontvoer óf dood te maak om te verhoed dat ek enige van die bewyse in my besit bekend maak, of in die Fishrot-saak getuig,” beweer De Klerk in ’n verklaring wat Maart vanjaar by die hof ingedien is.
INHEGTENISNAME
De Klerk is op 1 Junie in Suid-Afrika in hegtenis geneem en is agt dae later op borgtog van R50 000 vrygelaat.
“Aangesien ek nie ’n werk in Suid-Afrika het nie, moes ek ook geld insamel om my regskoste te dek – wat tyd geneem het en verdere probleme vir my geskep het,” het De Klerk in ’n verklaring gesê in die saak waarin die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, suksesvol was in die verkryging van ’n beperkingsbevel op sommige van sy bates.
Die beperkingsbevel is op 15 Desember 2022 toegestaan en De Klerk doen nou aansoek dat dié bevel opgeskort moet word.
Hy beweer dit is slegs per e-pos aan hom gestuur en dat dit uiters gebrekkig is en daarom opgeskort moet word.
BETROKKENHEID
“Ek ontken ten sterkste dat ek hoegenaamd deel was van kriminele bedrywighede en wil beklemtoon dat ek net opdragte uitgevoer het,” beweer De Klerk.
Hy voer aan hy het slegs die instruksies van die voormalige prokureur-generaal en nou Fishrot-beskuldigde, Sacky Shanghala, en sy vennoot en nou medebeskuldigde, James Hatuikulipi, gevolg.
“In Mei 2017 het ek as regspraktisyn van die prokureur-generaal opdrag gekry om die Swapo-verkiesingsveldtog te bestuur. Ek het geen rede gehad om die wettigheid van die instruksies in twyfel te trek nie. Op grond van dié opdragte het ek fondse van verskeie maatskappye ontvang, wat ek dan aan sekere individue en entiteite oorbetaal het,” lui De Klerk se verklaring.
Hy beweer verder dat die onwettige aktiwiteite van die beskuldigdes nie ’n impak op die wettige werk wat hy gedoen het, behoort te hê nie.
“Die fooie van N$1,8 miljoen in my Nedbank-rekening vorm deel van die ooreengekome fooie wat ek gehef het vir die werk wat ek gedoen het.”
POCA-VERRIGTINGE
Die beperkingsbevel is ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) toegestaan en Imalwa het reeds aansoek gedoen dat die bates permanente aan die staat verbeurd verklaar moet word. Dié verbeuringsaansoek is egter hangende die uitslag van De Klerk se aansoek om die beperkingsbevel te laat herroep. Die Poca-saak is tot 20 September uitgestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie