James onsuksesvol in sy uitdaging van wet
Uitspraak gister gelewer
Die Fishrot-beskuldigde se grondwetlike uitdaging van die Poca-wet en beperkingsbevele wat ingevolge die wet uitgereik word, is gister van die hand gewys.
“Die hof het bevind dat hofverrigtinge met betrekking tot beperkingsbevele, siviel en nie strafregtelik is nie en dat die reg op die vermoede van onskuld ingevolge artikel 12 van die Grondwet nie van toepassing is nie.”
So het regter Collins Parker gister in sy uitspraak gesê waarin hy die Fishrot-beskuldigde, James Hatuikulipi, se grondwetlike uitdaging van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) van die hand gewys het.
Hatuikulipi het beweer die wet maak inbreuk op sy grondwetlike reg ingevolge artikel 12 om as onskuldig beskou te word, asook sy grondwetlike reg tot die beskerming van intellektuele eiendom ingevolge artikel 16.
“Die hof het verder bevind ’n beperkingsbevel wat daarop gemik is om die bates van ’n beskuldigde te bewaar hangende die afhandeling van sy strafregtelike verhoor, skend nie sy reg ingevolge artikel 16 van die Grondwet nie,” lui die uitspraak waarmee regters Shafimana Ueitele en Herman Oosthuizen saamgestem het.
Hatuikulipi se aansoek het ook gepoog om die beperkingsbevel ter syde te laat stel wat hom toegang tot sy bates verbied. Hy het aangevoer die hof vereis “geen bewyse” om so ’n aansoek toe te staan nie en dat die “toets vir redelike gronde” – wat die basis vir so ’n bevel uitmaak – ongrondwetlik is.
Hatuikulipi het tydens die verhoor aangevoer die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, het die mag om onbelemmerde diskresie te gebruik om te bepaal teen wie om ’n aansoek vir ’n beperkingsbevel te rig.
“Sodanige onbelemmerde diskresie strook nie met die Grondwet nie.”
Parker het daarop gewys dat indien Hatuikulipi suksesvol sou wees in sy uitdaging van die Poca-wet, dit beteken dat ’n beperkingsbevel eers ná die afhandeling van die strafregtelike verhoor uitgereik sou word.
“Die applikant se uitdaging poog om beperkingsbevele in geheel te skrap. Dit sou beteken dat Namibië nie sy internasionale verpligtinge nakom nie. Dit sal op sy beurt sleg wees vir die handhawing van die oppergesag van die reg en openbare orde,” meen hy.
Hatuikulipi is in November 2019 in hegtenis geneem en staan tereg op onder meer 40 klagte wat rampokkery, geldwassery en bedrog insluit. Imalwa het op 11 November 2020 by die hoërhof aansoek gedoen vir ’n voorlopige beperkingsbevel teen Hatuilulipi wat die hof gevolglik toegestaan het.
Hy het die saak by die hoërhof in Windhoek teen Imalwa, die prokureur-generaal, Festus Mbandeka, en die minister van justisie, Yvonne Dausab, aanhangig gemaak. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie