Jeugmaatskappy vir byna N$4 miljoen gedagvaar
Dispuut oor waarde van toerusting
Die Chinese maatskappy Zhangzagu bly die regmatige eienaar van al die landboutoerusting wat aangekoop is tot die Wisdom Youth Organisation die leningsbedrag ten volle vereffen is.
Jemima Beukes - ’n Chinese maatskappy het die Wisdom Youth Organisation hof toe gesleep vir uitstaande paaiemente van ’n lening ter waarde van N$3,9 miljoen.
Die lening is uitgeneem om die organisasie se bedryfskoste te finansier en ook landboutoerusting aan te koop.
Wisdom Youth Organisation sê egter Zhangzagu Agriculture Technology Services cc het geweier om die leningsbedrag in sy bankrekening te betaal en het eerder hul eie keuse van toerusting aangekoop. Die organisasie stem ook nie saam oor die waarde van die aangekoopte toerusting nie.
Volgens Wisdom Youth het die Chinese maatskappy saaiboerdery op die plaas beoefen en gewasse verkoop wat sedert 2019 tot Junie 2022 geoes is. Hulle is ook laat glo die winste van die verkope is gebruik om die lening af te betaal.
“Zhangzagu Agriculture Technology Services cc het gekies om nie enige opbrengste uit verkope vir die tydperk 2019 tot Junie 2022 in ons rekening te betaal nie. Sou dit bevind word daar is uitstaande maandelikse paaiemente, kan dit alleenlik toegeskryf word aan die nalatigheid van Zhangzagu wat misluk het om te verseker daar word aan die vereistes van die terugbetalingsplan voldoen,” sê Wisdom Youth.
Zhangzagu het aan die hoërhof gesê die maatskappy het ’n ooreenkoms op 19 Oktober 2019 met die organisasie aangegaan, wat sake doen vanaf die plaas Otavifontein in die Otavi-distrik.
Die ooreenkoms sê Zhangzagu bly die regmatige eienaar van al die landboutoerusting wat aangekoop is tot die leningsbedrag ten volle vereffen is.
“In die geval waar enige paaiemente vir meer as ses maande uitstaande is, het Zhangzagu die reg om die ooreenkoms te kanselleer en al die losstaande landboutoerusting in besit te neem. Hy het ook dan ’n eis teen die organisasie vir alle toerusting wat vas is aan die eiendom,” luidens die hofdokumente.
Volgens Zhangzagu het die organisasie nog geen terugbetalings in ses maande gemaak nie en is die maatskappy daarom geregtig om die ooreenkoms te kanselleer.
Wisdom Youth Organisation het die ooreenkoms erken, maar gesê die ooreenkoms stipuleer ook dat maandelikse betalings onderhewig is aan die beskikbaarheid van kontantbronne wat uit landboubedrywighede verkry word.
Die ooreenkoms stipuleer ook dat die ouditeur wat deur Zhangzagu aangestel is, sal bepaal of hulle voldoende kontantbronne het om betalings te maak. Terselfdertyd sal Zhangzagu die reg hê tot insae en beheer in die finansiële rekords en bestuursaangeleenthede.
Die maatskappy dring aan op 11 kweekhuise, drie trekkers, vier ploeë, een hidroliese skottelploeg, 20 lemme vir dié masjien, een 500 liter-sproeier en vier 20 l-sproeiers.
Die maatskappy maak ook aanspraak op 55 rolle heining en -bykomstighede, vyf hekke, een besproeiingstelsel, verskeie los gereedskap, twee stelle voerverwerkingstoerusting, een vraghouer en kantoortoerusting asook 20 veekrale.”
“Die redelike vervangingswaarde beloop N$3 998 248. Ten spyte van ’n aanmaning en alternatiewelik ’n dagvaarding, weier die Wisdom Youth Organisation om die toerusting terug te gee. Ons bid vir ’n bevel om die kansellasie van die ooreenkoms te bevestig.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie