Job boelie vir Hinda, sê haar prokureur
Amupanda onder kruisondervraging
In die lastersaak eis Maureen Hinda N$1 miljoen in skadevergoeding van Amupanda vir 'n plasing wat hy in Julie 2021 op sy Facebookblad gemaak het.
“Ek het gesê sy is ’n ‘slay queen’. Sy het dit self vir my gesê.”
So het die Affirmative Repositioning (AR) se leier, Job Amupanda, Dinsdag in die hoërhof in Windhoek getuig in die lastersaak wat die adjunkminister van finansies en staatsondernemings, Maureen Hinda, teen hom aanhangig gemaak het.
Tydens Amupanda se kruisondervraging het Hinda se prokureur, Anne-Doris Hans-Kaumbi, vrae aan hom gestel wat verband hou met die beweerde lasterlike uitlatings wat hy teenoor Hinda gemaak het. Sy het hom gevra of hy op enige punt ooit na haar verwys het as ’n “slay queen” en hy het erken dat hy het.
Tydens herondervraging het dit geblyk dat Amupanda weg wou beweeg van die hofsaak voorhande en het begin getuig oor ’n ander kwessie wat verband hou met Hinda wat glo ’n lening by ’n bank aangegaan het.
Hans-Kaumbi het dié gedrag bestempel as Amupanda wat “Hinda afknou”.
“Hy hou aan om haar te boelie en te teister en ek vra die hof om hom teen hierdie soort gedrag te waarsku.”
AGTERGROND
In hierdie lastersaak eis Hinda N$1 miljoen in skadevergoeding van Amupanda vir ’n plasing wat hy in Julie 2021 op sy Facebookblad gemaak het met ’n foto van ’n onbekende meisie in ’n demin, wit hemp en ’n sonbril.
Die plasing lui: “Die adjunkminister van finansies Maureen Hinda tydens die bevrydingstryd. Maureen was so ‘WizWiz’. Dis asof sy nie twee keer sal dink om ’n mes uit te haal nie.”
Hans-Kaumbi het tydens die verhoor aangevoer dat Amupanda se plasing wydverspreide aandag geniet het met sowat 2 800 reaksies, 39 herplasings en 511 opmerkings wat volgens haar bespotting en skaamte van die publiek uitgespreek het.
Sy voer verder aan dat Amupanda haar kliënt aan geslagsgebaseerde uitlatings onderwerp het.
Toe Hinda se sielkundige haar glo geëvalueer het, is daar na bewering opgemerk dat die gebeure “nadelige en sielkundige spanning” veroorsaak het.
Hans-Kaumbi voer aan dat dit haar reputasie nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal beïnvloed het, wat bykomende emosionele trauma tot gevolg gehad het.
Tydens kruisondervraging het Amupanda ontken dat hy Hinda se reputasie skade berokken het.
“Ek stem nie saam met die sielkundige se idee van reputasieskade nie, want toe sy [sielkundige] gevra is of daar enige evaluering daaroor is, het sy nee gesê, aangesien reputasie-ontleding nie binne die omvang van haar kundigheid val nie,” het Amupanda in die hof gesê.
EISE
Die eisbrief wat Hinda en haar regspan glo per e-pos aan Amupanda gestuur het, het hom beveel om al die lasterlike kommentaar teen haar terug te trek.
Amupanda ontken dat hy enige e-pos van dié aard ontvang het aangesien dit glo na die verkeerde e-posadres gestuur is.
Ná afloop van Amupanda se getuienis het regter Collins Parker die saak tot 4 April uitgestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie