Joernaliste in hof oor hommeltuigsaak

Francoise Steynberg
Die bekroonde joernalis John Grobler en Nrupesh Soni, 'n vryskutjoernalis en bekende in toerismekringe, het vanoggend in die landdroshof op Gobabis op drie klagte verskyn wat deur die wildhandelaar Gerrie Odendaal aanhangig gemaak is.

Die klagte behels betreding, die vlieg van ‘n hommeltuig sonder toestemming en die gebruik van ‘n beperkte afstandbeheerde hommeltuig en -stelsels.

Die twee beskuldigdes het na bewering op 19 Februarie 2022 ‘n hommeltuig oor Odendaal se plaas in die Gobabisdistrik gevlieg om ondersoek in te stel oor die omstrede kwessie van die uitvoer van Namibiese olifante na dieretuine in die Verenigde Arabiese Emirate.

Borris Erasmus verteenwoordig die twee beskuldigdes wat op waarskuwing vry is.

Die saak is tot 22 Julie uitgestel.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!