• Tuisblad
  • Howe
  • Joernaliste se hommeltuigsaak tot Julie uitgestel

Joernaliste se hommeltuigsaak tot Julie uitgestel

Francoise Steynberg
Die hommeltuigsaak van die joernaliste John Grobler en Nrupesh Soni is in die Gobabis-landdroshof tot 22 Julie uitgestel vir regsverteenwoordiging en om die dossier beskikbaar te stel.

Die twee beskuldigdes het Dinsdag hul eerste hofverskyning gemaak op drie aanklagte wat deur die wildboer en -handelaar Gerrie Odendaal aanhangig gemaak is. Hulle het nie gepleit nie.

Die aanklagte behels betreding, die vlieg van ’n hommeltuig sonder toestemming en die gebruik van ’n beperkte afstandbeheerde hommeltuig en -stelsels.

Die twee beskuldigdes het na bewering op 12 Februarie 2022 ’n hommeltuig oor Odendaal se plaas in die Gobabis-distrik gevlieg om ondersoek in te stel oor die omstrede kwessie van die uitvoer van Namibiese olifante na dieretuine in die Verenigde Arabiese Emirate.

Dokumente wat al op 5 April aan die staatsaanklaer Gift Mulenamaswe gestuur is, het hom glo nie bereik nie, het Borris Erasmus, die twee beskuldigdes se regsverteenwoordiger, aan Network Media Hub (NMH) bevestig.

Erasmus het gesê hy is beveel om die amptelike dokumente na die faksmasjien van die Gobabis-landdroshof te stuur, “wat hulle beweer nie ontvang is nie”. Dié landdroshof se telefoonlyne het Dinsdag onbeantwoord gebly toe NMH gebel het.

Grobler en vryskutjoernalis Soni, ook bekend in toerismekringe, is op waarskuwing vrygelaat nadat hulle na die voorval by die Gobabis-polisiekantoor vir etlike ure in aanhouding was en ondervra is. Beslag is op die hommeltuig en geheuekaart met foto’s van die olifante gelê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!