Jong man kry 20 jaar tronkstraf
Suiderhof-moord van 2020
Die moordenaar was slegs 19 jaar oud toe hy die oorledene se buik oopgesny en hom in die straat gelos het.
Sowat vier jaar nadat die liggaam van ’n 45-jarige man in die woonbuurt Suiderhof in die hoofstad gevind is met ’n groot meswond in sy maag, is twee jong mans Woensdag vir die moord gevonnis.
Marcel Groenewald (23) is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis – die swaarste vonnis wat deur ’n streekhof opgelê kan word. Sy medebeskuldigde, Paul Loots (27), is tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis.
Samuel (Boetie) Koopman is in Februarie 2020 met ’n mes gesteek en sy buik is oopgesny waarna hy op 'n sypaadjie in Andimba Toivo Ya Toivostraat ineengestort en gesterf het. ’n Verbyganger het hom gevind.
Groenewald en Loots was glo kort voor die moord in ’n woordewisseling met Koopman betrokke en is op die toneel van die moord geplaas danksy die kringtelevisiebeeldmateriaal van besighede in die omgewing. Hulle is twee dae ná die moord in hegtenis geneem.
Dié twee was destyds goeie vriende en het saam as motorwerktuigkundiges gewerk. Groenewald was 19 jaar oud ten tyde van die moord. Hy is in April vanjaar skuldig bevind aan moord en dit is bevind dat Loots ’n medepligtige in die moord was. Loots was agter die stuur van die voertuig wat die twee mans gebruik het om van die toneel te vlug.
GEBEURE
Groenewald het tydens die verhoor die getuiebank ingeneem en erken hy het Koopman met ’n mes gedreig nadat hy ontdek het dat sy Playstation-speletjiekonsole uit Loots se motor gesteel is.
Volgens Groenewald het Koopman hom aangeval en beide het op die grond geval. Hy het getuig dat die besering aan Koopman se buik in daardie stadium opgedoen kon gewees het.
Loots het aan die hof gesê hy was in sy bakkie tydens die konfrontasie tussen Groenewald en Koopman in die straat en hy het glo niks gesien nie.
Landdros Victor Nyazo het tydens die uitspraak gesê dit is hoogs onwaarskynlik dat die reusemeswond aan Koopman se buik per ongeluk kon gebeur het. Hy meen dit was die gevolg van ’n doelbewuste daad.
Hy het tydens die twee mans se skuldigbevinding daarop gewys dat hy nie een van die twee beskuldigdes se weergawes van die gebeure glo nie.
‘GEEN BEROU’
Nyazo het verder tydens die vonnisoplegging daarop gewys dat Koopman ’n pynlike dood gesterf het.
Ten spyte van die feit dat Groenewald tydens die verhoor gesê het hy is spyt oor sy dade en Koopman se familie gevra het om hom te vergewe, het Nyazo nie geglo dat hy werklik berou gehad het nie. Hy meen Groenewald is net spyt dat hy aan moord skuldig bevind is en dat dit sy lewe verander het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie