Kandidaatregter so hittete in 2008 van rol geskrap
Skuldig bevind aan 14 klagte
Adv. Slysken Sikiso Makando sal vanoggend in die hooggeregshof in Windhoek aan openbare onderhoude deelneem vir die potensiële aanstelling as 'n regter van die hoërhof.
Die dissiplinëre komitee van regspraktisyns het een van die drie kandidaatregters wat op die kortlys is vir ’n regterspos in die hoërhof en vandag aan openbare onderhoude sal deelneem, in 2008 skuldig bevind op 14 klagte van oneerbare, onprofessionele of onwaardige gedrag.
Adv. Slysken Sikiso Makando sal vanoggend in die hooggeregshof in Windhoek aan openbare onderhoude deelneem vir die potensiële aanstelling as ’n regter van die hoërhof.
Ses van die klagte waaraan Makando skuldig bevind is, het betrekking op die beweerde wanbesteding van trustgelde en die oorblywende agt het betrekking op oortredings van die reëls van die Prokureursorde wat die bestuur van trustrekeninge deur regspraktisyns reguleer.
Makando het skuldig gepleit op sewe van die klagte, waarvan die meerderheid verband gehou met die oortreding van die reëls. Hy het onskuldig gepleit op die klagte wat verband hou met die wanbesteding van trustgelde, maar is op al ses klagte skuldig bevind.
Al die aanklagte het betrekking op gebeure wat ontstaan het toe Makando ’n praktyk in die noorde van Namibië bedryf het.
Hoewel die Regsvereniging van Namibië en die sekretaris van die dissiplinêre komitee vir regspraktisyns, Amber Coerecius, versuim het om op navrae te reageer, is dié inligting vanuit hofdokumente verkry.
NIE VAN ROL GESKRAP
Nadat hulle Makando skuldig bevind het, was die komitee van mening dat sy optrede dit regverdig dat hy van die rol van regspraktisyns geskrap word.
Die komitee het ’n aansoek by die hoërhof ingedien met dié versoek. Die aansoek het egter misluk nadat die hoërhof bevind het die komitee was nie behoorlik saamgestel toe die besluit geneem is om ’n aansoek by die hoërhof in te dien nie.
Die hoërhof het beslis die komitee se termyn het reeds verstryk en die lede het dus nie die mag gehad om die aansoek te bring nie. Die hoërhof het gevolglik die saak na die komitee terugverwys sodat die nuwe komitee ’n besluit kan neem oor die gevolge van Makando se skuldigbevinding.
Makando het teen die uitspraak in die hooggeregshof geappelleer. Regter Kate O’Regan het egter die appèlaansoek van die hand gewys en beslis Makando se argument dat die hoërhof ’n fout begaan het deur die saak na die komitee terug te verwys, het geen gronde nie.
“Die hoërhof kon beveel het dat die appellant [Makando] se naam van die prokureursrol geskrap moes word of hy uit die praktyk geskors moes word, selfs nadat daar tot die gevolgtrekking gekom is dat die dissiplinêre komitee nie behoorlik saamgestel was nie.
“Hoe dit ook al sy, die hoërhof het verkies om die saak terug na die dissiplinêre komitee te verwys en het dit gedoen omdat hy gedink het dit sou ‘regverdig en redelik’ wees en in die openbare belang wees gegewe die erns van die appellant se dissiplinêre oortredings,” lui O’Regan se uitspraak wat op 6 Oktober 2016 in die hooggeregshof gelewer is.
WAT WAS DIE STRAF?
Republikein het die Regsvereniging en Coerecius genader vir meer duidelikheid oor wat gebeur het toe die saak terugverwys is na die komitee en wat besluit is oor die gevolge van Makando se oortredings, maar die vrae het die afgelope twee dae onbeantwoord gebly.
Ander persone wat destyds op die komitee gedien het, is ook gekontak. Hulle was egter nie bereid om kommentaar te lewer nie.
Volgens ’n ingeligte bron het Makando glo ’n waarskuwing gekry – “die ernstigste een wat ’n regspraktisyn kan ontvang”.
Makando is wel nooit van die rol geskrap nie en het sedertdien steeds aangehou om te praktiseer en is geregtig om as regter te dien indien hy aangestel word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie