• Tuisblad
  • Howe
  • Kennedy misluk in saak oor ‘slagoffers’ se getuienis
Jaco Kennedy Foto argief
Jaco Kennedy Foto argief

Kennedy misluk in saak oor ‘slagoffers’ se getuienis

Hof het Vrydag uitspraak gelewer
Die respondente in die grondwetlike uitdaging het aangevoer dat Jaco Kennedy die aansoek gebring het om sy verhoor te vertraag.
Kristien Kruger
Die voormalige landdros Jaco Kennedy, wat op drie aanklagte van verkragting teregstaan, het misluk in sy poging om die hof te oortuig om sy slagoffers in sy teenwoordigheid te laat getuig.

Dit nadat regter Kobus Miller in April 2021 beveel het dat twee vroue in ’n aparte kamer in die hof via geslotekringtelevisie (CCTV) in Kennedy se verhoor kan getuig. Hy was ontevrede met dié bevel.

Kennedy het in Junie 2022 ’n saak by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak om die grondwetlikheid van die bepalings van die strafproseswet (CPA) wat hiervoor voorsiening maak, uit te daag.

Die hofaansoek wat teen die aanklaer-generaal, die prokureur-generaal en die minister van justisie aanhangig gemaak is, is Vrydag van die hand gewys.

GRONDWETLIKHEID

Die betrokke bepalings van die CPA stipuleer dat spesiale reëlings getref kan word om kwesbare getuies in omstandighede te laat getuig om te verseker dat hulle volle en duidelike getuienis lewer.

Kwesbare getuies sluit onder meer minderjariges in, asook diegene waarteen seksuele of onsedelike misdrywe gepleeg is.

Kennedy het aangevoer dat dié bepalings inbreuk maak op sy grondwetlike regte op ’n regverdige verhoor en die aanname dat hy onskuldig is tot hy skuldig bevind word.

Hy het verder beweer dat die bepalings glo nie voorsiening maak vir enige regulatoriese raamwerk nie en dat daar ’n gebrek is aan enige riglyne en beperkings vir die omstandighede waaronder ’n kwesbare getuie toegelaat word om hom of haar getuienis deur CCTV af te lê. Kennedy meen dit gee die hof onbeperkte diskresie wat strydig is met sy reg op ’n regverdige verhoor.

Die respondente het die aansoek teengestaan en aangevoer dat die bepalings nie ongrondwetlik is nie, maar dat Kennedy die aansoek gebruik as ’n strategie om sy verhoor te vertraag.

UITSPRAAK

Regters Nate Ndauendapo en Christie Liebenberg het in die uitspraak daarop gewys dat die hof verskeie faktore in ag neem wanneer ’n bevel met betrekking tot dié bepalings uitgereik word.

Buiten vir die doel om volledige en duidelik getuienis in te vorder, word openbare belang, die belang van geregtigheid, die beskikbaarheid van toerusting en die welstand van die getuie ook oorweeg.

Die regters het ook in hul uitspraak daarop gewys dat die wet vereis dat die beskuldigde, sy regsverteenwoordiger, die staatsaanklaer en die regter of landdros die getuie moet kan hoor en sien terwyl hy of sy getuig.

“Elke betrokke persoon sal in staat wees om die getuie waar te neem en te beoordeel terwyl getuienis gelewer word. Daardie belangrike reg word behou,” lui die uitspraak.

Die regters verduidelik dat hulle die teks, konteks, doel en betekenis van die woorde in die bepaling as geheel nagegaan het om tot hul beslissing te kom.

“Die hof sien nie die gebrek aan duidelikheid waaroor gekla word raak nie. Daar is bevind dat die betekenis van die bepaling duidelik is.

“Hierdie bepaling beperk nie die beskuldigde se reg op ’n regverdige verhoor nie en ondermyn ook nie die aanname dat hy onskuldig is soos uiteengesit in die Grondwet nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1626.95 | USD to ZAR 17.9 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 524.90/OZ UP +0.51% | Copper US$ 4.18/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 2.66% | Brent Crude Oil US$ 71.66/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 961.15/OZ UP +0.76%