Ernst Lichtenstrasser staan tereg op die moord van twee Nimt-hoofde in 2019. Foto Iréne-Mari van der Walt
Ernst Lichtenstrasser staan tereg op die moord van twee Nimt-hoofde in 2019. Foto Iréne-Mari van der Walt

Kenner kry nie werkspermit

Iréne-Mari van der Walt
Die dubbele moordbeskuldigde, Ernst Lichtenstrasser, se verhoor sal na verwagting op 14 Augustus hervat nadat ’n ballistiese kenner van Suid-Afrika – wat deur Lichtenstrasser geroep is – onsuksesvol was in sy aansoek vir ’n werkspermit.

Die kenner moet eers ’n werkspermit verkry voordat hy die bewysstukke kan bestudeer en kan getuig.

Lichtenstrasser se regsverteenwoordiger, Albert Titus, het vroeër aan regter Christie Liebenberg gesê dat hy die ballistiese kenner, Lucas Visser, as hul laaste getuie sal roep.

Volgens Lichtenstrasser en Titus sou ’n ballistiese kenner van Amerika, William Tobin, eers die getuiebank inneem.

Titus het wel in Junie aangedui dat Tobin se gesondheid sy kanse om te getuig, kniehalter en dat Visser vir Tobin as getuie sal vervang.

Lichtenstrasser staan tereg op die moord van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se uitvoerende direkteur, Eckhart Mueller, en sy adjunk, Heimo Hellwig in 2019 op Arandis.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!