• Tuisblad
  • Howe
  • ||Kharasstreeksraad moet Swapo-raadslede vergoed

||Kharasstreeksraad moet Swapo-raadslede vergoed

Hooggeregshof lewer uitspraak
Drie raadslede wat vroeër vanjaar afgedank is, het die streeksraad hof toe gesleep om die besluit te hersien.
Kristien Kruger
Die ||Kharasstreeksraad is verlede week opnuut deur ’n hof beveel om drie van sy raadslede - wat aan die begin van die jaar afgedank is - weer aan te stel en te vergoed hangend die uitkoms van ’n hofsaak.

Hoewel dit reeds in Februarie ooreengekom is dat Lazarus Nangolo, Suzan Ndjaleka en Tiami Amakali weer aangestel en vergoed moet word, het die streeksraad in Julie die vergoeding gestaak.

Die hooggeregshof het Donderdag ’n aansoek van die streeksraad van die hand gewys en hulle weereens beveel om hierdie raadslede, wat almal van die Swapo-party is, te vergoed.



Gebeure

Die ||Kharasstreeksraad het op 25 Januarie besluit om die drie Swapo-raadslede se lidmaatskap te beëindig. Dié lede het in Februarie ’n aansoek by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak om die besluit oor hul afdanking te hersien.

Voordat hierdie dringende aansoek aangehoor is, het die partye ’n skikkingsooreenkoms aangegaan dat die lede hul poste sal behou en aanhou om hulle pligte uit te voer hangend die afhandeling van die hofaansoek.

Dit is ook ooreengekom dat hulle sal aanhou om al hul vergoeding en voordele te ontvang. Die skikkingsooreenkoms is destyds as ’n bevel van die hof uitgereik.

Die streeksraad het egter op 29 Julie die vergoeding aan die drie raadslede gestaak. Die raadslede het weer die hoërhof genader met ’n dringende aansoek wat geëis het dat die staking van die vergoeding onwettig is.

Regter Orben Sibeya het dié aansoek in Augustus aangehoor en op 6 September uitspraak ten gunste van die raadslede gelewer. Hy het die streeksraad beveel om hulle weer aan te stel en vergoeding te betaal.

Die streeksraad het dié uitspraak ge-appelleer, maar die poging tot appèl was afgekeur op grond daarvan dat dit beuselagtig en ergerlik [jur. frivolous and vexatious] is met geen vooruitsigte op sukses nie.

Die streeksraad was ontevrede met die hoërhof se besluit en het dus die hooggeregshof genader.



Uitspraak

“Die [hoër]hof het tereg verwys na die bevel van 9 Februarie 2024 wat die respondente [streeksraad] verbied om sy besluit van 25 Januarie 2024 – om die eerste tot derde applikante se lidmaatskap te beëindig – uit te voer hangend die hersiening van daardie besluit.

“Daardie bevel moes gehoorsaam word tensy dit deur daardie hof verander of tersyde gestel is. In plaas daarvan het die [streeksraad] in stryd met daardie bevel opgetree en daarna voortgegaan met die 25 Januarie 2024-resolusie te implementeer,” lui regter Dave Smuts se uitspraak.

Smuts het bevind dat die streeksraad nie teen die bevel mag appelleer nie en hy die saak van die rol geskrap.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!