• Tuisblad
  • Howe
  • Kokaïensmokkelaar vra vir boete eerder as tronkstraf
High Court
High Court

Kokaïensmokkelaar vra vir boete eerder as tronkstraf

Man appelleer teen 11 jaar gevangenisstraf
Bruno Lourenco het luidens hofdokumente die plastiekkapsules ingesluk en met 'n Ethiopian Airlines-vlug na Namibië gereis.
Rita Kakelo
’n Brasiliaanse man wat 98 plastiekkapsules met kokaïen ter waarde van N$343 000 ingesluk het om na Namibië te smokkel, appelleer nou sy vonnis.

Hy vra dat hy ’n boete van N$30 000 opgelê word eerder as tronkstraf.

Bruno Lourenco is in 2021 by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem toe hy geland het. Luidens hofstukke het Lourenco die plastiekkapsules ingesluk en met ’n Ethiopian Airlines-vlug na Namibië gereis.

Hy is gevang nadat owerhede van Brasilië die Namibiese owerhede in kennis gestel het van hul vermoedens oor Lourenco.

Hy het skuld beken op die aanklag teen hom en landdros Justine Asino het in Januarie 2023 hom tot 11 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Twee jaar van sy vonnis is vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie weer dieselfde wet in daardie tydperk oortree nie. Indien hy binne vyf jaar ná sy vrylating weer aan ’n oortreding van dieselfde aard skuldig bevind word, sal die twee jaar weer by sy vonnis gevoeg word.

Lourenco appelleer teen sy vonnis en sê hy was reeds een jaar in aanhouding ná sy inhegtenisname en is sedert sy vonnisoplegging nog 'n jaar in aanhouding.

GENADE

In sy appèlaansoek voer hy aan dat die landdros hom ’n strawwe vonnis opgelê het sonder om sy omstandighede in ag te neem, spesifiek die feit dat dit sy eerste oortreding was.

Hy het aan die hof gesê hy is ’n enkelpa van twee kinders wat al twee glo by hul ma’s woon.

Hy het lugversorgers vir ’n lewe herstel en maandeliks tussen N$6 000 en N$7 000 verdien en sy 40-jarige suster versorg tans sy 68-jarige ma. Hy glo dus hy verdien toegeeflikheid van die hof.

Die staat beweer egter dat die misdaad waaraan Lourenco skuldig bevind en gevonnis is, ernstig is en dat hierdie soort misdrywe aan die toeneem is.

“Die vraag hier is regtig watter soort 'positiewe' invloed hy as dwelmhandelaar, pa, seun of lid van die samelewing is? Dit is duidelik dat daar 'n dringende behoefte is dat hy gerehabiliteer word.

“Hy het ook nie enige berou getoon of uitgespreek nie, ten spyte daarvan dat hy erken het die misdaad wat hy gepleeg het van ’n ernstige aard was en dat dwelms ’n negatiewe impak op die samelewing het weens verslawing.”

Lourenco se appèlsaak is tot Junie uitgestel vir uitspraak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!