Die landdroshof op Gobabis. Foto argief/Kristien Kruger
Die landdroshof op Gobabis. Foto argief/Kristien Kruger

Kommer oor veiligheid by howe

Kristien Kruger
Nadat iemand die staatsaanklaer se kantoor in Gobabis vandeesweek aan die brand gesteek en erge skade aangerig het, is daar opnuut kommer oor die veiligheid van landroste, regters en howe in die land.

Die beweerde brandstigting by die Gobabis-landdroshof op 1 Oktober was ’n punt van bespreking tussen die lede van die vereniging vir landroste en regters van Namibië.

“Gelukkig is niemand in die aanval beseer nie, maar die voorval beklemtoon 'n kommerwekkende leemte in die veiligheid van ons hofperseel,” lui ’n verklaring wat die vereniging Woensdag uitgereik het en onderteken is deur die vereniging se nuutaangestelde president Victor Nyazo.

Volgens die vereniging is hulle ook bewus van ander gevalle regoor die land wat nie aangemeld is nie en bydra tot die kwessie van veiligheid.

Die vereniging is van mening dat daar ’n behoefte is aan verbeterde sekuriteitsmaatreëls by alle hofgeriewe regoor die land.

“Die veiligheid van regterlike beamptes moet van kardinale belang wees.

“Die vereniging veroordeel gedrag van enige lid van die publiek wat opsetlik optree om die integriteit van die regstelsel te saboteer,” lui die verklaring.

NUWE LEDE

Veiligheidskwessies is ook tydens die vereniging se algemene jaarvergadering bespreek wat op 25 September in Swakopmund plaasgevind het.

Die vereniging meen dat dié vergadering 'n nuwe era vir die vereniging gekenmerk het, met 'n hernude verbintenis tot die regbank se professionele en sosiale verantwoordelikhede.

“Ons is opgewonde oor die toekoms en sien uit daarna om met landdroste en regters saam te werk om 'n sterker, meer veerkragtige vereniging te bou.”

Die vereniging het ook tydens sy algemene jaarvergadering sy nuwe uitvoerende lede aangekondig.

Die doel van die uitvoerende lede is om die welstand, veiligheid en professionele ontwikkeling van landroste en regters te bevorder.

Die nuwe lede sluit in Nyazo (president), Olivia van der Byl (visepresident), Helvi Shikalepo (sekretaris), Jo-Rina Jagger (tesourier) en Oundjarere Ndjiharine (addisionele lid).

Die vereniging fokus op onder andere die verbetering van werksomstandighede, geregtelike onafhanklikheid en professionele ontwikkeling.

“Ons nuwe leierskap is vasbeslote om harder as ooit te werk om die belange van ons lede te bevorder,” lui die verklaring.

Die verklaring beklemtoon verder dat die vereniging sal voortgaan om te streef na 'n sterker, verenigde regbank deur netwerkvorming, mentorskap en kapasiteitsbou met verskeie belanghebbendes en die Namibiese samelewing.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.14 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.77 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 667.28/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.45% | Zinc US$ 3 186.30/T UP 2.05% | Brent Crude Oil US$ 79.12/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 002.05/OZ UP +0.98% #N/A