Komplikasies kon vermy word, sê kenner
Die hofsaak waarin ’n vrou N$1,5 miljoen in skadevergoeding van die staat eis vir beserings wat sy glo tydens haar bevalling by die Otjiwarongo-staatshospitaal opgedoen het, sal op 23 Junie hervat.
Whitney Snyder (25) dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nadat sy in 2019 na bewering haar linkerheup ontwrig en haar bekken gebreek het.
Snyders het die saak reeds in Februarie 2022 aanhangig gemaak en op 8 November verlede jaar het die hoërhof ’n spesialis-verloskundige en ginekoloog, dr. Godfrey Sichimwa, aangestel as ’n deskundige getuie om bewyse te lewer oor die mediese behandeling wat Snyder voor en ná die geboorte van haar seun op 16 Februarie 2019 ontvang het.
In sy verslag, wat as deel van die hofstukke ingedien is, verduidelik Sichimwa dat Snyder se komplikasies “vermy kon word as ’n mediese beampte haar behoorlik tydens die kraamproses gemonitor het”.
“Ten slotte, die skeiding van die bene tydens die bevalling kon bygedra het tot die pasiënt se pubiese simfise-diastase. Toekomstige swangerskappe is steeds moontlik, maar die bevalling sal deur middel van keisersnee moet plaasvind.”
Snyder het ook aangedui dat sommige van die verpleegpersoneel na bewering haar bene uitmekaar gehou het om die bevalling te vergemaklik, wat volgens Sichimwa diastase kan veroorsaak as dit met genoeg krag gedoen word.
In haar eisbesonderhede wat verlede jaar ingedien is, beweer sy dat die verpleegsters haar fisiek en verbaal aangerand het, insluitend om haar deur die gesig te klap.
‘WERK NIE SAAM NIE’
Dr. Biti Phaka was aan diens en het Snyder tydens haar kraamproses bygestaan.
“’n Verpleegster het my omstreeks 20:30 tot 21:00 na die kraamsaal ontbied, wat beweer het Snyder werk nie saam met die verpleegsters nie,” het sy verduidelik.
Toe Phaka in die kraamsaal kom, het sy glo by Snyder gepleit om saam te werk en beklemtoon dat dit noodsaaklik is vir die suksesvolle geboorte van haar kind. Snyder het gehoor gegee.
“Sy het geskree en haar bene saamgetrek, maar ons het haar so goed as moontlik ondersteun. Sy het uiteindelik geboorte geskenk met vaginale en anale skeuring met minimale bloeding. Ek het die verpleegsters gelos om daaraan aandag te gee,” het Phaka getuig.
Sichimwa het in sy verslag daarop gewys wanneer ’n vrou wat vir die eerste keer geboorte skenk nie saamwerk nie – en dit moeilik is om haar te monitor of mediese protokolle te volg – ’n keisersnee aanbeveel kan word om die risiko van nadelige moeder- en neonatale uitkomste te verminder.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie