Kongolees skuldig wat migrante na Namibië smokkel
’n Kongolese vrou wat aanvanklik tereg gestaan het op 15 klagte van smokkelary van migrante nadat sy Kongolese via Zambië die land binne gesmokkel het, is slegs op drie van die klagte skuldig bevind.
Tydens die uitspraak wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is, het die hof bevind dat Abigail Bashala, in hierdie drie gevalle, betaal is om die mense in Namibië in te smokkel.
Bashala het haar medeburgers glo belowe dat sy hulle sal help om na Kanada te immigreer, maar hulle het in vlugtelingkampe beland.
Volgens sommige van die vlugtelinge wat tydens die verhoor getuig het, was hulle onder die indruk dat Bashala vir die Verenigde Nasies werk. Hulle het haar glo betaal om na Namibië te kom en vir die dokumente en aansoekproses om na Kanada te gaan.
’n Amptenaar van Bashala se bank het getuig sy het van die bank se MoneyGram Global Transfer-dienste gebruik gemaak en het elke maand geld in Amerikaanse dollar ontvang.
Volgens haar getuienis het Bashala in 2017 ’n totaal van meer as U$290 000 op dié manier ontvang.
Tydens die verhoor het Bashala gesê sy het dié geld ontvang vir die uitverhuring van eiendom wat sy in die Demokratiese Republiek die Kongo besit, maar die staat het uitgewys dat die bedrae elke maand verskil het.
BORGTOG TERUGGETREK
Bashala was tydens haar verhoor reeds vrygeskeld van agt van die klagte en gister het nog drie weggeval en kon die staat slegs drie van die klagte bo redelike twyfel bewys.
Sy was tot gister uit op borgtog, maar met haar skuldigbevinding, is haar borgtog teruggetrek.
Haar regsverteenwoordiger en die staat sal op 15 Augustus finale betoë voor vonnisoplegging lewer.
Sommige van die vlugtelinge het tydens hul getuienis gesê hulle het of met ’n vragmotor of bus vanaf die Kongo na Zambië gereis het en vir ’n tydperk, in sommige gevalle selfs vyf of ses maande, daar gebly.
Hulle het daarna na die grens gereis en na bewering die Zambezirivier met ’n kano oorgesteek.
Ander het getuig dat hulle in ’n bus by die grens was en Bashala hul paspoorte gevat het en hulle beveel het om nie uit te klim nie. Die polisie het die mense in die bus aangetref en toe hulle die paspoorte by Bashala kry, het hulle gesien dat die paspoorte nie by die Zambiese grens gestempel is nie.
Die meerderheid van die vlugtelinge is na Katima Mulilo geneem waar hulle vir maande in aanhouding was voordat hulle na die vlugtelingkamp geneem is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie