Kongolese vrou kry vonnis van drie jaar
‘Gesondheidskwale kan steeds behandel word’
Die vrou wat Kongolese burgers in Namibië ingesmokkel het, is gister gevonnis.
“Die slagoffers was mense wat van die oorlog in hul eie land wou ontsnap. Hulle was kwesbaar en desperaat en die beskuldigde het dit misbruik.”
So het regter Dinah Usiku gister in die hoërhof in Windhoek gesê voordat sy Abigail Bashala tot drie jaar tronkstraf gevonnis het.
Bashala het aanvanklik op 15 klagte van smokkelary van migrante tereggestaan, maar is slegs op drie van die klagte skuldig bevind.
Usiku het Bashala op elkeen van die drie klagte tot drie jaar tronkstraf gevonnis, maar het aangedui dat twee van die klagte se vonnisse samelopend met die ander klag uitgedien sal word.
Hoewel sy nege jaar tronkstraf vir die drie klagte opgelê is, sal sy effektief net drie jaar in die tronk deurbring.
“Die immigrante se lewens was in gevaar toe hulle die Zambezirivier moes oorsteek as deel van die beskuldigde se plan om hulle in Namibië te smokkel,” het Usiku gesê.
Bashala het Kongolese burgers via Zambië in die land ingesmokkel.
GESONDHEID
Tydens die verdediging se finale betoë ter versagting van vonnis, het Bashala oor haar verskeie gesondheidskwale getuig.
Volgens haar getuienis is sy ’n diabeet met hartprobleme en MIV. Sy ly ook aan hoë bloeddruk en nierversaking.
Die staat het ’n deskundige getuie geroep om hulle argument vir ’n strawwer vonnis te ondersteun. Dié getuie het die hof verseker dat elke tronk ’n kliniek het wat na die gevangenes omsien en indien hulle nie ’n gevangene kan behandel nie, word hulle na staatshospitale verwys.
“Jou gesondheid kan nie as rede gebruik word om jou straf te ontduik nie. Die beskuldigde het geweet van haar gesondheidsprobleme toe sy die misdaad gepleeg het en sy het die wet op meer as een geleentheid oortree,” lui Usiku se uitspraak.
BEROU
Bashala het tydens haar onlangse getuienis gehuil en om vergifnis gesmeek.
Sy het herhaaldelik vir die hof gevra om haar te vergewe en haar ’n tweede kans te gee.
Sy het ook aangedui dat sy ook vir die slagoffers persoonlik sou jammer sê as hulle in die hof was.
Bashala het twee kinders vir wie sy finansieël ondersteun, asook twee kleinkinders na wie sy omgesien het voordat sy in aanhouding geplaas is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie