Tjizake Murangi (22)
Tjizake Murangi (22)

KORTNUUS UIT DIE HOWE

Rita Kakelo
Die 22-jarige man wat na bewering sy meisie twee keer met 'n mes gesteek het waarna die 29-jarige dood is, het sy eerste verskyning in die Windhoekse landdroshof gemaak. Tjizake Murangi se verhoor is tot 19 Augustus uitgestel en hy sal in aanhouding bly.

Die slagoffer, Frieda Amadhila, het by 'n plaaslike bank gewerk en Murangi het Amadhila na bewering Maandag 8 April in die vroeë oggendure gesteek en haar toe na die hospitaal gery. Sy is met haar aankoms dood verklaar. – Rita Kakelo

Die veroordeelde dubbele moordenaar, Ernst Lichtenstrasser, se vonnisoplegging is vir vandag geskeduleer.

Lichtenstrasser is in November verlede jaar skuldig bevind aan die moorde op die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteur, Eckhart Mueller, en sy adjunk, Heimo Hellwig, in 2019. Die saak is sedertdien vertraag nadat Lichtenstrasser ’n oordosis pille gedrink het terwyl hy in aanhouding was en sy daaropvolgende hospitalisering. Regter Christie Liebenberg sal na verwagting Maandag sy vonnis in die hof voorlees.

– Kristien Kruger

Die verneemde pedofiel en kinderverkragter, Johann Maree, se verhoor het in die hoërhof in Windhoek hervat. Hierdie verhoor is egter nie oop vir die publiek nie en al die getuienis word in kamera aangehoor gegewe die ensitiewe inligting wat uit die saak kan voorspruit. Die staat se getuielys sluit al 15 beweerde slagoffers en van hul voogde in. Na verwagting sal onder andere ’n polisiebeampte van Australië, verskeie Namibiese ondersoekbeamptes en lede van die polisie se kubermisdaadeenheid getuig. Maree het aan die begin van sy verhoor onskuldig gepleit op al 74 aanklagte waarop hy teregstaan wat verband hou met bewerings dat hy 15 minderjarige seuns seksueel misbruik het en pornografiese materiaal van hulle op die donker web versprei het vir betaling. – Iréne-Mari van der Walt en Kristien Kruger

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!