‘Kripto-bedrieër’ sleep polisie hof toe
Coenie Botha steeds vry op borgtog
Onder die items waarop die polisie beslag gelê het, was 'n kouebergings-beursie waarop vermoedelik miljoene kripto gestoor is.
Die Kripto-belegger, Coenraad (Coenie) Botha, en sy vrou meen hul 38 dae in polisie-aanhouding was ’n “lewensveranderende beproewing”.
“Ons is aan aaklige en onmenslike omstandighede onderwerp terwyl ons van ons minderjarige seun (4) geskei is,” het Botha in ’n verklaring gesê wat by die hof ingedien is as deel van ’n dringende aansoek wat die egpaar teen die polisie gebring het.
Botha en sy vrou, Charlotte Murove, is in Maart vanjaar by die Buitepos-grenspos in hegtenis geneem toe hulle na Suid-Afrika probeer reis het. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle beleggers uit sowat N$160 miljoen deur ’n Ponzi-skema bedrieg het.
Botha, Murove en hul seun is ná hul arrestasie na Windhoek vervoer waar hulle moes reël dat hul vierjarige seun by iemand bly terwyl hulle in aanhouding is.
’n Paar dae later is hulle egter weer vrygelaat nadat ’n landdros beslis het dat hulle onwettig in hegtenis geneem is. Kort daarna is hulle egter weer gearresteer.
“Dit was verwoestend aangesien ons gehoop het om ons seun te sien wie se toestand ons nie kon vasstel nie aangesien ons geen kontak met hom gehad het nie,” verduidelik Botha in sy verklaring.
‘LANG VONNISSE WAT WAG’
Hulle staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog en die oortreding van die wet op bankinstelling en die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad.
Die egpaar is op 18 April op borgtog vrygelaat en het in Mei die dringende aansoek teen onder meer die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie aanhangig gemaak.
In ’n verklaring deur die generaal-majoor van die Namibiese polisie, Anne-Narie Nainda, het sy gewys op die feit dat die egpaar en hul entiteite altesaam op 64 aanklagte teregstaan.
“Hulle sal waarskynlik lang tronkstraf opgelê word. Dit is ook baie waarskynlik dat bykomende aanklagte bygevoeg sal word, want die ondersoek is nog nie afgehandel nie,” meen sy.
EIS EIENDOMME TERUG
In die hofsaak teen die polisie-owerhede beweer Botha en Murove dat die polisiebeamptes wat hulle by die grens in hegtenis geneem het, hulle onwettig deursoek en sonder 'n lasbrief op hul voertuig en elektroniese toestelle beslag gelê het.
Die egpaar versoek ’n hofbevel wat die besluit om die items en eiendomme te deursoek en daarop beslag te lê ongeldig te verklaar en tersyde te stel.
Hulle eis dat die items en eiendomme aan hulle terugbesorg word. Die items sluit in skootrekenaars, selfone, ’n hardeskyf en ’n kouebergings-beursie (cold wallet) waarin daar glo miljoene in kripto gestoor is.
“Daar is baie private inligting op die toestelle, nie net tussen my en my vrou nie, maar ook tussen my en verskeie derde partye,” voer hy aan.
Botha voer ook in sy verklaring aan dat die polisie hulle gedwing het om die wagwoorde vir die toestelle te verskaf. Hy beweer hulle is met bykomende aanklagte gedreig as hulle dit nie doen nie.
“Ons reg op privaatheid word daagliks geskend. Ek en my vrou ly voortdurende onherstelbare skade.”
Botha en Murove voer aan die deursoeking en beslaglegging was onwettig deurdat dit glo in stryd was met hul grondwetlike reg op privaatheid en daar geen wetlike grondslag was om dit sonder ’n lasbrief te doen nie.
Hulle voer ook aan dat die polisie nie redelike vermoede gehad het dat hulle die misdrywe gepleeg het nie.
GLO GENOEG BEWYSE
Nainda het in haar verklaring aangevoer die polisie het meer as genoeg bewyse teen Botha en Murove gehad voordat hulle in hegtenis geneem is.
“Die items waarop beslag gelê is, was noodsaaklik. Elektroniese toestelle is sentraal in die uitvoering van hierdie tipe oortredings,” het sy in haar verklaring verduidelik.
Sy het bygevoeg dat daar nie genoeg tyd was om ’n lasbrief te bekom nie weens die feit dat die polisie onder die indruk was dat die egpaar van plan was om te vlug.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie