Kriptobelegger se bankrekening gedeeltelik ontvries
Coenie Botha wend hom tot die hof
Die kriptogeld-skema bekend onder beleggers as CBI en voorheen Uhuru Cash, word deur die Bank of Namibia ondersoek.
’n Kripto-beleggingsmaatskappy kon Vrydagoggend in die hoërhof in Windhoek daarin slaag om op dringende gronde ‘n bevel te kry wat ‘n handelsbank gelas om genoeg geld uit sy gevriesde bankrekening beskikbaar te stel sodat sakebedrywighede kan voortgaan.
Die maatskappy CBI Exhange Namibia van mnr. Coenraad (Coenie) Botha wat Namibiese beleggers se geld in kriptogeldeenhede belê, het ‘n dringende hofaansoek ingedien nadat die Bank of Namibia (BoN) op 4 Maart vir Bank Windhoek opdrag gegee het om sy bankrekening te vries.
Die opdrag hiervoor is gegee deur mnr. Romeo Nel, direkteur van banktoesighouding by die BoN, ingevolge Artikel 6(2)(f) van die Wet op Bankinstellings.
Botha het ‘n aansoek vir die hersiening en tersydestelling van dié opdrag teen die BoN, Nel en Bank Windhoek ingedien.
Botha sê in sy funderende eedsverklaring die vries van die bankrekening “het onaangekondig en as 'n aaklige skok gekom”.
Hy het ‘n uiteensetting gegee van die maatskappy se maandelikse uitgawes van honderde duisend Namibiese dollar wat nie aan die einde van Maart betaal kan word nie as hy nie toegang tot die geld in CBI Exhange se bankrekening het nie.
CBI Exhange is op 30 Junie 2021 geregistreer. Dié kriptoskema was voorheen bekend as CBI Global, en voor dit as Uhuru Tribe, of Uhuru Cash. Dit word van 2020 af deur die BoN ondersoek, blyk dit uit die hofstukke.
Regter George Coleman het Vrydag ‘n gedeeltelike opheffing gelas van die opdrag om die bankrekening te vries, en beveel dit moet geskied onder toesig van die BoN en Bank Windhoek se gemagtigde beamptes.
Hy het ook gesê die aansoek wat Botha ingedien het vir die hersiening en tersydestelling van die BoN se besluit, moet op ‘n niedringende grondslag in die gewone gang van sake gehoor word.
Volgens die webblad www.behindmlm.com, is CBI niks anders nie as ‘n Ponzi-skema.
“Die Uhuru Tribe Ponzi-skema het ineengestort, wat eienaar Coenraad (Coenie) Botha aangespoor het om die bedrogspul as CBI Global te herlaai,” het behindmlm.com op 20 Junie 2020 berig. –[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie