Kwessies met LSN uitgestryk, sê kandidaatregter
Eerste openbare onderhoude afgehandel
Adv. Slysken Sikiso Makando het in 2004 glo trustgelde wanbestee en die reëls van die Prokureursorde oortree.
Een van die drie kandidate vir vakante regtersposte in die hoërhof het tydens Vrydag se openbare onderhoude die paneel verseker sy skuldigbevinding deur die dissiplinêre komitee vir regspraktisyns op 14 klagte van onprofessionele optrede, sal nie sy kandidaatskap beïnvloed nie.
Adv. Slysken Sikiso Makando het in 2004 glo trustgelde wanbestee en die reëls van die Prokureursorde oortree wat die bestuur van trustrekeninge deur regspraktisyns reguleer. Hy is daarna byna van die rol geskrap, maar weens ’n tegneise kwessie het die hoërhof die skrappingsaansoek van die hand gewys en die saak na die komitee terugverwys. Makando is toegelaat om aan te hou praktiseer.
Die dissiplinêre proses het gevolg nadat die Regsvereniging van Namibië (LSN) ’n klag van die publiek ontvang het.
“Daar was sedertdien geen klagte teen my van die publiek nie,” het Makando Vrydag gesê.
Makando het die Regterlike Dienskommissie verseker dat die kwessie tussen hom en die LSN uitgestryk is.
“Trouens, hulle het my genomineer, en dit wys daar is geen voortslepende kwessies tussen ons nie,” het hy gesê.
ONDERHOUDE
Die ander twee kandidate wat aan Vrydag se openbare onderhoude deelgeneem het is Philanda Christiaan wat tans dien as die hooflanddros van Namibië en waarnemende regter van die hoërhof, en die adv. Beatrix de Jager, ’n regspraktisyn wat ook dien as lid van die Vereniging van Advokate van Namibië.
Dit was die heel eerste openbare onderhoude vir kandidaatregters en volg nadat die Regterlike Dienskommissie in September vanjaar besluit het om die regulasies te wysig. Dié verandering is gemaak om deursigtigheid in die regbank te bevorder.
Die nuwe regulasies het egter nie openbare onderhoude ’n vereiste gemaak nie, maar dit sal toegepas word in gevalle waar die Regterlike Dienskommissie dit nodig ag.
Die Regterlike Dienskommissie moet nou ná die onderhoude aanbevelings maak aan die president wat ingevolge die Grondwet die mag het om regters aan te stel.
Die paneellede vir die onderhoude sluit in hoofregter Peter Shivute, regterpresident Petrus Damaseb, die prokureur-generaal Festus Mbandeka, en twee lede van die regsgemeenskap, naamlik adv. Sakeus Akweenda en Elias Shikongo.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie