Lüderitz-stadsraad moet OK Foods betaal ná fout
Skik buite die hof
Dié hawedorp se stadsraad kies om te skik nadat die munisipaliteit na bewering 'n OK Foods-winkel onregmatig gesluit het.
Die stadsraad van Lüderitz sal ’n aansienlike bedrag geld moet opdok as deel van ’n skikking wat hy met OK Foods aangegaan het nadat die munisipaliteit een van sy winkels gesluit het.
Die burgemeester van dié hawedorp, Phil Balhao, het bevestig dat ’n spesiale vergadering gehou sal word om die kwessie te bespreek.
“Ons moet dringend ’n besluit neem in die lig van die komende hofsaak wat vir 10 tot 14 Februarie geskeduleer is.
“Die raad sal ’n ondersoek van stapel stuur en dissiplinêre stappe bepaal indien enige gedoen moet word,” het Balhao gesê.
Die raad se gesondheidsinspekteurs het die winkel in 2023 gesluit nadat die winkel glo nie ’n gesondheidsinspeksie kon slaag nie.
FOUT
Die hofstukke toon dat Lüderitz Retailers cc, deur hul regsadviseur Marianne Petherbridge, vergoeding eis vir die beweerde verlies aan wins ten bedrae van sowat N$1,4 miljoen.
Die raad het ’n hersiening van die bedrag van die eis aangevra en ENSafrica het die hersiening gedoen. Hulle het bepaal dat die totale verlies gedurende die sluitingstydperk N$611 473 00 was.
Tydens die sluiting van die winkel, het OK Foods – wat destyds een van slegs twee voedselkleinhandelaars in die hawedorp was – bystand van die hoërhof gesoek om die sluiting om te keer.
HOFSAAK
OK Foods het versoek dat die hof die sluiting van die winkel onwettig verklaar en die munisipaliteit beveel om ’n aansoek om sy registrasiesertifikaat en fiksheidsertifikaat te hernu, te oorweeg.
Die voedselkleinhandelaar het beweer die munisipaliteit het geen reg om sy sakebedrywighede arbitrêr op te skort tot nadeel van sy kliënte en werkers nie.
Die hof het op 28 April 2023 beveel dat die opskorting van sy besigheid, wat vir 25 dae (van Maart tot April) voortgeduur het, onregmatig was. Die winkel kon daarna heropen.
Hofverrigtinge het egter voorgegaan met OK Foods wat skadevergoeding geëis het.
Hofstukke toon dat die partye voorheen hul voorneme om te bemiddel aangedui het. Regter Esi Schimming-Chase het die raad beveel om sy deskundige beëdigde verklarings voor of op 14 Oktober 2024 te lewer en het die saak op 29 September 2024 tot 28 Oktober vir verdere voorverhoorverrigtinge uitgestel.
Schimming-Chase het verder gesê dat partye kan voortgaan om skikkingsmoontlikhede onder mekaar te ondersoek en sy het die saak tot 10 Februarie vir ’n administratiewe verhoor uitgestel.
Volgens hofstukke was dit Otto Shipanga, die waarnemende uitvoerende hoof binne die verloop en bestek van sy diens by die Luderitz-stadsraad, wat die sluiting van besigheid op 21 April 2023 veroorsaak het.
Christalene Kaangude was die gesondheidsinspekteur wat OK Foods in Maart 2023 besoek het en binne die verloop en bestek van haar diens as omgewingsgesondheidspraktisyn by die raad, opdrag gegee het om die winkel te sluit en nie verder te bedryf nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie