‘Laat Amushelelo vry’
Elizabeth //Kheibes – Meer as 1 000 Namibiërs het gister aan ’n vreedsame protesaksie by die Katutura-jeugkompleks deelgeneem vir die vrylating van die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF)-aktivis Michael Amushelelo.
Hy het gister in die Windhoekse landdroshof verskyn.
Amushelelo is sedert Maart vanjaar in polisieaanhouding vir die aanhitsing van geweld tydens ’n beweerde onwettige betoging teen die land se hoë werkloosheidsyfer op Onafhanklikheidsdag.
Amushelelo se vrou, Julieta, en NEFF-lede het ’n petisie aan die adjunk-uitvoerende direkteur van die regbank se kantoor, Khaepriums Swartz, oorhandig waarin hulle vir die onmiddellike vrylating van die aktivis vra.
“Ons versoek met respek jou ingryping om sy [Amushelelo se] onmiddellike vrylating te bewerkstellig. Saddam Amushelelo word aangehou en borgtog geweier vir die eenvoudige rede dat hy ’n stem vir die werklose jeug van Namibië is en sy aan sy met hulle staan.
“Dit is ontmoedigend om die onderdrukking van jongmense se stemme en die teiken van individue te sien wat daarna streef om positiewe verandering binne ons gemeenskap te bewerkstellig,” lui die petisie.
Amushelelo se mede-kommissaris, Gregory Cloete, het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê die groep hoop dat “die mense se keuse die regte keuse sal wees”.
“Wanneer ons na die stembus gaan, word wie ook al verkies word deur die mense verkies. In die aantal mense wat opgedaag het vir Amushelelo kan jy kan sien hulle wil hê hy moet vrygelaat word. Hulle weet waarvoor hy staan en wat hy verteenwoordig,” het Cloete midde dreunsang van volgelinge gesê.
Cloete het bygevoeg dat werkloosheid die dryfveer agter Amushelelo se “revolusionêre optrede” was, wat tot sy aanhouding gelei het.
“Deur Saddam Amsuhelelo aan te hou, maak ons nie net inbreuk op die jeug se basiese menseregte nie, maar ontmoedig ook ander jong aktiviste om hulle stemme te laat hoor en om ’n beter samelewing te probeer skep.”
Amushelelo se verhoor het gister begin en is tot vandag uitgestel. Sy regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, was afwesig en ’n besluit is geneem dat hy in aanhouding moet bly vir die duur van die verhoor. Die landdros is Linus Samunzala en die staatsaanklaer Tatelo Cuthbert Lusepani. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie