Die Stad Windhoek (CoW) se hoofregsadviseur wat tans in die Windhoekse landdroshof op strafregtelike klagte teregstaan, Benedictus Ngairorue. Foto Argief
Die Stad Windhoek (CoW) se hoofregsadviseur wat tans in die Windhoekse landdroshof op strafregtelike klagte teregstaan, Benedictus Ngairorue. Foto Argief

Landdros moet onttrek, sê CoW-regsadviseur

Partye verskyn op 14 Maart
Benedictus Ngairorue beweer die regter het versuim om die kern van die aansoek om onttrekking te begryp en het daarom 'n fout begaan om haarself nie aan sy korrupsiesaak te onttrek nie.
Kristien Kruger
Stad Windhoek (CoW) se hoofregsadviseur wat tans op strafregtelike klagte teregstaan, het die hoërhof genader in nog ’n poging om landdros Vanessa Stanley, wat sy saak in die Windhoekse landdroshof aanhoor, aan die saak te laat onttrek.

Benedictus Ngairorue het in Januarie vanjaar die saak teen die aanklaer-generaal (AG) en Stanley aanhangig gemaak.

Hy eis dat Stanley se beslissing van 11 Julie 2022 om sy aansoek te weier en nie haarself aan sy saak te onttrek nie, hersien en tersyde gestel moet word.

Die AG en Stanley het reeds die hof ingelig van hul voorneme om die saak teen te staan en partye sal op 14 Maart in die hoërhof in Windhoek verskyn.

Ngairorue beweer die Namibiese polisie het Stanley ondersoek in verband met ’n klag van regsverydeling en dwarsboming van die verloop van die gereg, of ’n poging daartoe. Die klagte hou glo verband met Stanley se beregting van die strafregtelike verrigtinge teen Ngairorue.

Die korrupsieklagte teen Ngairorue spruit uit gebeure in 2013 toe hy die munisipale raad se skuldbestuurder was. Hy het na bewering ’n kliënt se rekening – wat die munisipaliteit sowat N$54 000 geskuld het – vervang met een wat ten volle betaal is, om te verhoed dat die kliënt se huis opgeveil word.

GRONDE VIR HERSIENING

Ngairorue beweer Stanley het versuim om die kern van die aansoek om onttrekking te begryp en het daarom ’n fout begaan in haar beslissing om dit van die hand te wys.

“Ek wil net daarop wys dat die grondslag vir die onttrekkingsaansoek nie op partydigheid gebaseer was nie, maar eerder die besorgheid daarvan. Die kernkwessie was nie of die tweede respondent [Stanley] partydig was nie, maar eerder of daar ’n redelike persepsie was dat sy kon wees.

“Sy het die aansoek oorweeg asof dit gebaseer was op die werklike bevooroordeeldheid, maar die aansoek was gegrond op die besorgheid van bevooroordeling (apprehension of biased),” luidens Ngairorue se verklaring wat by die hof ingedien is.

VERTRAGING

Ngairorue moes ook tesame met sy hersieningsaansoek, ’n aansoek om kondonasie by die hoërhof indien, aangesien hy nie die aansoek binne die gegewe tydperk gebring het nie.

“Ek voer aan die vertraging met die indiening van die hersieningsaansoek is nie ’n verontagsaming van die behoefte om hersieningsaansoeke binne ’n redelike tyd in te dien nie. Ek voer aan dit is nie ’n ernstige vertraging nie en dat die hof dit kan vergewe.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!