Lastersaak volg ná aantygings teen kerk

Rita Kakelo
Uitlatings teen Namibiese pastore van die Enlightened Christian Gathering: The Jesus Nation Church (ECG) is nou die fokus van ’n lastersaak wat tans by die hoërhof in Windhoek hangend is.

Die voormalige assistent-pastoor by die kerk, Cosmas Munkanda, het bewerings dat pastore betrokke is by seksuele verhoudings met jong lidmate – mans en vrouens – in November verlede jaar op sy Facebookblad geplaas.

Na aanleiding van Munkanda se beweerde lasterlike uitlatings, het die kerk in Desember 2023 ’n brief uitgestuur waarin geëis word dat hy sy uitlatings terugtrek aangesien dit die kerk se beeld aantas. Hy het dit egter nie gedoen nie.

Dit het gelei tot ’n hofgeding van N$250 000 waarin die kerk Munkanda van naamskending beskuldig. Die kerk het hom hof toe gesleep omdat hy na bewering ongegronde insinuasies en beskuldigings gemaak het.

Boonop eis die ECG dat hy binne vyf dae nadat die hofbevel uitgereik is, ’n verskoning in twee plaaslike koerante moet publiseer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer