• Tuisblad
  • Howe
  • Lewcor eis miljoene van ‘skelm’ rekenmeester
Beauty Haimbili tydens haar verskyning in die Walvisbaai-landdroshof. Foto argief
Beauty Haimbili tydens haar verskyning in die Walvisbaai-landdroshof. Foto argief

Lewcor eis miljoene van ‘skelm’ rekenmeester

Sy ontken onderduimsheid
Die saak is tot 7 Augustus uitgestel.
Rita Kakelo
’n Vrou wat vir ’n plaaslike siviele kontruksie- en ingenieursmaatskappy in Walvsibaai gewerk het en glo die maatskappy uit meer as N$8 miljoen geswendel het, staar nou ook ’n siviele hofsaak in die gesig.

Beauty Haimbili word daarvan beskuldig dat sy krediteurestate en eise vir betalings uit te stuur met haar bankbesonderhede op.

Sy het vanaf 2015 vyf jaar lank gewerk as ’n assistent-rekenmeester by Lewcor Civil Works in Walvisbaai en was verantwoordelik vir die nominering van subkontrakteurs en krediteure.

Lewcor Civil Works het in Junie 2023 ’n saak by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak waarin dit sowat N$8 miljoen van Haimbili eis.

Partye het Woensdag voor regter Beatrix de Jager in die hoërhof in Windhoek verskyn. Die saak is tot 7 Augustus uitgestel.

Haimbili het na bewering betalings aan drie van haar eie besigheidsrekeninge, naamlik Haimbili Cleaning Solutions CC, Ngambu Investments CC, en Ngambu Cash Loans uitgemaak. Sy het ook glo geld in haar persoonlike rekening laat inbetaal, in plaas van die krediteure en subkontrakteurs se rekeninge.

FAKTURE

Fakture is onlangs as hofstukke ingedien en dui daarop dat die beweerde diefstal reeds in 2016 begin het. Die eerste faktuur wys dat N$76 469 wat vir Ndume Trading CC bedoel was, glo in haar rekening oorbetaal is. Hierdie beweerde diefstal beloop N$170 000 oor drie jaar.

Sy het na bewering ook N$270 840 na die rekening van Haimbili Cleaning Solutions CC in Junie 2017 oorgeplaas. Hierdie fondse moes glo aan Frankfort Investments CC oorgeplaas word.

Volgens hofstukke het sy na bewering haar grootste oorplasings, altesaam meer as N$7 miljoen, oor vier jaar tussen 2016 en 2020 in die rekening van Ngambu Investments inbetaal. Die bedrae wat oorgeplaas is, begin vanaf N$4 000 en beloop selfs soveel soos N$700 000.

Haimbili het ook N$73 406 aan haar kontantleningsbesigheid oorbetaal en N$400 000 ses dae later na dieselfde rekening oorgeplaas. Sy het na bewering soms verskeie bedrae aan ministens twee van haar besigheidsrekeninge op dieselfde dag oorbetaal.

Haimbili ontken enige onderduimse gedrag, maar het bevestig dat van die betalings wel gemaak is. Sy beweer dat Lewcor nie stiptelik op hierdie kwessie gereageer het nie aangesien die fakture reeds tot 2016 terugdateer.

STRAFREGTELIKE KLAGTE

Die strafregtelike verrigtinge teen Haimbili het reeds drie jaar gelede begin nadat dit op die lappe gekom het dat dié paartjie glo bedrog van ongeveer N$11 miljoen gepleeg het.

Sy het in Februarie 2021 vir die eerste keer in Walvisbaai se landdroshof op 18 klagte van bedrog en alternatiewelik diefstal, asook 18 klagte van geldwassery en vervalsing verskyn.

Haar man, Jalmari Haimbili, is later by die bedrogsaak betrek.

Albei beskuldigdes is borgtog toegestaan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!