LGBTQIA vier geskiedkundige uitspraak

Sodomiewette is ongrondwetlik
Die hoërhof in Windhoek het Vrydag uitspraak gelewer ten gunste van die aktivis Friedel Dausab.
Kristien Kruger
“Ek hoop dat hierdie geskiedkundigde uitspraak ons sal toelaat om in die openbaar hande vas te hou, ons ander helftes aan ons families voor te stel en ons liefde in die openbaar te kan vier. Ek hoop dat mense kan begin droom van ’n liefde wat nie ’n misdaad is nie.”

Dit het die LGBTQIA -aktivis, Friedel Dausab, Vrydag tydens ’n mediaverklaring gesê nadat sy grondwetlike uitdaging teen sodomiewette geslaag het.

Dausab het aangevoer dat die betrokke wette, konsensuele, selfdegeslag seksuele dade tussen volwasse mans in privaatheid kriminaliseer.

Die hoërhof in Windhoek het die gemeenregtelike misdryf van sodomie en onnatuurlike seksuele misdrywe as ongrondwetlik en ongeldig verklaar.

Toni Hancox, die direktuer van die LAC, het Dausab se dapperheid geprys, maar ook gesê sy hoop dat mense die hof se uitspraak sal respekteer.

Uno Katjipuka van die Nixon Marcus Public Law Office het ook hierdie punt geopper. “Mens kan net hoop ons regering (uitvoerende en wetgewende gesag) respekteer ons grondwetlike waardes van gelykheid en waardigheid vir almal, genoeg om dit so te laat (let it be).”

Linda Baumann, ’n bekende feminis en genderaktivis van die Namibië Diverse Vrouevereniging (NDWA), het ook aan Republikein gesê dat dié uitspraak ’n rede is vir feesviering, maar sy het ook daarop gewys dat daar steeds baie groepe is wat teen die LGBTQIA -gemeenskap is en dat lede hul veiligheid in gedagte moet hou.

GEMEENSKAP VERHEUG

’n Groot groep lede en ondersteuners van die LGBTQIA -gemeenskap het Vrydag buite die hof saamgedrom en was verheug toe die uitspraak gelewer is.

“My hart is bly. Ek is so dankbaar dat ons op die regte kant van geskiedenis is vandag en vorentoe! Die trane in my gay kollegas en vriende se oë, die blydskap en verligting is massief!” het Lize Ehlers, die mede-uitvoerede hoof van Drag Night Namibia, Vrydag aan Republikein gesê.

“Omdat ek al 20 jaar in hierdie gemeenskap is, kan ek nie ophou om hardop te skree en te sê dat ek trots is om 'n lesbiese vrou te wees nie,” het Baumann gesê.

Die hoof van internasionale betrekkinge by OUT&PROUD Namibia, Tony McPherson, het die uithouvermoë en veggees van die Namibiese LGBTQIA -gemeenskap geprys in ’n verklaring wat Vrydag uitgereik is.

MENSWAARDIGHEID EN GELYKHEID

Dausab het in sy aansoek aangevoer dat die wette inbraak maak op persone se grondwetlike regte tot menswaardigheid, gelykheid en privaatheid asook die regte tot vryheid van uitdrukking en vryheid van assosiasie.

“Ek glo dat die uitspraak 'n oorwinning vir almal in Namibië is omdat dit gebaseer is op die idee dat die grondwetlike regte aan alle individue in Namibië behoort. Dit is dus 'n oorwinning, nie net vir die LGBTQ-gemeenskap, maar vir die Namibiese grondwet wat daar is om ons almal te beskerm,” het Dianne Hubbard aan Republikein gesê. Hubbard was vir meer as 30 jaar die koördineerder van die Gender Research & Advocacy Project by die Regshulpsentrum (LAC).

Florence /Khaxas, die uitvoerende direkteur van die Y-Fem Namibia Trust meen dat ‘n nuwe tyd vir Namibië aangebreek het.

“Namibiese burgers word vryheid van diskriminasie gewaarborg en om met waardigheid en gelykheid behandel te word soos verskans in die grondwet.”

UITSPRAAK

Die uitspraak is deur drie regters van die hoërhof gelewer – Nate Ndauendapo, Shafimane Ueitele en Claudia Claasen.

“Die differensiasie wat die wette aan homoseksuele mans verleen, kom neer op onbillike diskriminasie en is dus ongrondwetlik,” lui die uitspraak.

Die regters het verder bevind dat die die kriminalisering van anale seksuele omgang tussen instemmende volwasse mans, in privaatheid, nie regverdigbaar is in 'n demokratiese samelewing nie.

Die hof het ingevolge beveel dat die misdaad van sodomie in die strafproseswet, die immigrasiebeheerwet en die wet op verdediging ongrondwetlik en ongeldig verklaar word.

Die menseregte-prokureur, Norman Tjombe, meen dat dit te verwagte was dat die hof die kriminele verbintenis tot konsensuele seksuele aktiwiteit ongrondwetlik sou verklaar.

“Veral met inagneming van die onlangse uitsprake in beide die hoërhof en hooggeregshof.”

Die regters het verder beslis dat die staat die applikant (Dausab) se regskoste moet betaal.

Baumann meen dat die kostebevel spreek tot die “belangrikheid van hierdie saak en die handhawing van die menseregte van alle burgers, ongeag hul seksuele oriëntasie”.

MEERDERHEIDSMENING

Die saak is teen die ministerie van justisie, verdediging en binnnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit aanhangig gemaak, asook die aanklaer-generaal en prokureur-generaal. Een van die gronde waarop hulle die aansoek teengestaan het, was dat die meerderheid van die samelewing sodomie as onaanvaarbaar beskou.

“Wat 'n belangrike les van die howe is, is dat menseregte deur die grondwet beskerm word, en nie onderhewig is aan meerderheidsmening van lede van die publiek nie, ongeag hoe kragtig en luidrugtig dit is,” het Tjombe gesê.

/Khaxas meen dat hierdie ’n toonaangewende uitspraak was, veral ten opsigte van ander Afrikalande.

“In Afrika word mense geteister, gearresteer, gevange geneem en selfs vermoor weens hul seksuele oriëntasie en geslagsidentiteit. Hierdie geweld word geregverdig deur beleide en wette wat konsensuele gedrag kriminaliseer, maar vandag wys Namibië, die land van die dapperes, vir Afrika om menseregte vir almal te beskerm,” meen hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A