Lichtenstrasser beland in hospitaal
Ná ’n ‘oordosis opiaat-medikasie’
Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste sê Ernst Lichtenstrasser se toestand lyk nie goed nie.
Ernst Lichtenstrasser se verhoor kon gister die voortgaan nie weens die feit dat hy in ’n intensiewesorgeenheid (ICU) opgeneem is ná ’n klaarblyklike oordosis van opiaat-medikasie.
Lichtenstrasser is onlangs skuldig bevind op die moorde van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteur, Eckhart Mueller, en sy adjunk, Heimo Hellwig,
Die staatsaanklaer, Antonia Verhoef, het bevestig geen besonderhede is tans oor sy prognose en moontlike toekomstige behandeling beskikbaar nie.
Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste, Raphael Hamunyela, sê Lichtenstrasser was die aand nog piekfyn en die volgende oggend was hy dodelik siek.
“Dit het gelyk asof hy doodgaan. Die verpleegsters aan diens het hom hospitaal toe gehaas – sonder om vir die polisie te wag – in ’n poging om sy lewe te red. Die laaste wat ek hom gesien het, het sy toestand nie goed gelyk nie,” het hy gesê.
Hamunyela kon nie met sekerheid sê of Lichtenstrasser sy eie lewe probeer neem het nie.
Verskeie verwysings is tydens Lichtenstrasser se verhoor na sy fisieke en geestesgesondheid gemaak. Die sielkundige Ute Sinkala het onder meer vir Lichtenstrasser getuig oor sy gemoedstoestand tydens sy skulderkenning.
Sinkala se verslag het onder meer Lichtenstrasser se mediese geskiedenis, familiegeskiedenis en vorige trauma in ag geneem om insig in sy emosionele welstand te kry.
Sinkala het in haar getuienis verwys na Lichtenstrasser se beweerde posttraumatiese stres (PTSD), wat glo van sy tyd in die weermag kom, asook depressie.
Sy het ook tydens haar getuienis aangevoer dat onder meer ’n skouerbesering en gehoorprobleme tot moontlike gevoelens van kwesbaarheid kon bydra.
Regter Christie Liebenberg het egter in sy uitspraak Sinkala se verslag in twyfel getrek en gesê dit het net breë verwysings na gebeure in Lichtenstrasser se lewe gemaak en het nie sy gemoedstoestand op die dag van sy skulderkenning in ag geneem nie.
Lichtenstrasser sou na verwagting gister sy suster en sy sielkundige na die getuiebank roep. Of die getuies wel gister in die hof teenwoordig was, is onduidelik.
Die verhoor is na eerskomende Maandag uitgestel om Lichtenstrasser se toestand te evalueer en om te besluit wat die volgende stap is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie