Die moordenaar, Ernst Lichtenstrasser, gister (Maandag) in die hoërhof in Windhoek. Foto Kristien Kruger
Die moordenaar, Ernst Lichtenstrasser, gister (Maandag) in die hoërhof in Windhoek. Foto Kristien Kruger

Lichtenstrasser gesond, terug in hof

Verteenwoordig homself
Die veroordeelde moordenaar, Ernst Lichtenstrasser, het gister (Maandag) weer in die hof verskyn nadat hy verlede jaar 'n oordosis medikasie gedrink het, in die intensiewesorgeenheid (ICU) opgeneem is en vir 'n tydperk aan 'n ventilator gekoppel was.
Kristien Kruger
Die veroordeelde moordenaar Ernst Lichtenstrasser het gister weer in die hoërhof in Windhoek verskyn, nadat hy verlede jaar ’n oordosis medikasie gedrink en in die intensiewesorgeenheid (ICU) opgeneem is. Hy was ook vir 'n tydperk aan 'n ventilator gekoppel.

Sy oordosis het gevolg nadat hy skuldig bevind is aan die moorde van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteur, Eckhart Mueller, en sy adjunk, Heimo Hellwig. Lichtenstrasser se verhoor het gevolglik tot stilstand geruk voordat hy gevonnis kon word. Regter David Munsu het gister die saak uitgestel tot 12 Maart waartydens Lichtenstrasser dan voor die verhoor se voorsittende regter, regter Christie Liebenberg, vir slotbetoë voor vonnisoplegging sal verskyn.

Lichtenstrasser het steeds nie ’n regsverteenwoordiger nie en verdedig homself in die verhoor, nadat sy voormalige prokureur, Albert Titus, homself aan die saak onttrek het.

OORDOSIS

Volgens ’n brief van ’n dokter in die ongevalle-eenheid waar Lichtenstrasser behandel is, het hy glo doelbewus ’n onbekende aantal pynmedikasie, Tramadol en ook Zolpidem gedrink. Laasgenoemde medikasie word hoofsaaklik vir korttermyn-behandeling van slaaploosheid voorgeskryf.

Die voorval het plaasgevind terwyl Lichtenstrasser by die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou is. Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste, Raphael Hamunyela, sê Lichtenstrasser was die aand nog piekfyn en die volgende oggend was hy dodelik siek.

“Dit het gelyk asof hy doodgaan. Die verpleegsters aan diens het hom hospitaal toe gehaas – sonder om vir die polisie te wag – in ’n poging om sy lewe te red,” het hy verlede jaar ná die voorval gesê.

SKULDIG

Lichtenstrasser is twee maande gelede skuldig bevind op twee klagte van moord, asook ’n klag van regsverydeling en vyf ander klagte wat verband hou met die oortreding van wette vir die regulasie van wapens en ammunisie.

Hy is ook skuldig bevind op ’n klag van dwarsboming van die gereg omdat hy die 9 mm-Beretta-pistool, waarmee die moorde gepleeg is, in die woestyn begrawe het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!