Dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, Maandag in die hoërhof in Windhoek met die hervatting van die verhoor. Foto Stefan Noechel.
Dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, Maandag in die hoërhof in Windhoek met die hervatting van die verhoor. Foto Stefan Noechel.

Lichtenstrasser het Mueller glo gedreig

DNS-wetenskaplike getuig
Twee staatsgetuies het reeds vandeesweek in die Lichtenstrasser-moordverhoor die getuiebank ingeneem en die verhoor duur vandag voort.
Stefan Noechel
In die dubbele moordverhoor van mnr. Ernst Lichtenstrasser het ’n staatsgetuie hierdie week getuig dat een van die oorledenes na bewering ’n doodsdreigement van Lichtenstrasser ontvang het.

Die verhoor het Maandag in die hoërhof in Windhoek hervat en die staat het ’n forensiese wetenskaplike van die Namibiese Instituut vir Forensiese Wetenskap (NIFS) en die besturende direkteur van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se Arandis-kampus na die getuiebank geroep.

FORENSIESE WETENSKAPLIKE GETUIG

Mnr. Simwanza Liswaniesu was ’n senior forensiese wetenskaplike by NIFS en was verantwoordelik vir die DNS-ontledings ten tye van die polisie se ondersoek na die moord.

Hy was die een wat die DNS-monsters van die klere, wapens en ammunisie wat op beslag gelê is, geneem het en die nodige laboratoriumtoetse op die bewyse uitgevoer het.

Me. Maryn Swart was destyds die hoof van NIFS se DNS-afdeling en het reeds in Oktober oor die DNS-bewyse getuig. Liswaniesu se getuienis het dié van Swart gestaaf.

Lichtenstrasser se regsverteenwoordiger, mnr. Albert Titus, wou Dinsdag by Liswaniesu weet of dit moontlik is dat die DNS-monsters kon verval het in die tydperk wat dit by die NIFS-laboratorium gestoor was.

Sowat agt maande het verloop tussen die versameling van die monsters en die uitvoering van die toetse. Liswaniesus het dit ten sterkste ontken en gesê dat alle DNS-monsters in ’n droë plek en teen 21 grade Celsius gestoor word.

DOODSDREIGEMENT

Mnr. Ralph Bussel het die wyle Eckhart Mueller as direkteur van die Arandis-kampus opgevolg. Mueller en die adjunk- uitvoerende direkteur, Heimo Hellwig, is kort voor sonop op 15 April 2019 doodgeskiet.

Brussel het Maandag getuig dat Mueller vir hom, asook die bestuurspan by die Arandis-kampus, vertel het dat Lichtenstrasser hom mondelings gedreig het.

“Slaap van nou af met een oog oop,” het Lichtenstrasser na bewering aan Mueller gesê.

Dit het glo alles begin toe Nimt in Januarie 2019 in die proses was om die passer en draaier-afdeling by die Tsumeb-kampus te ontbind omdat die behoefte aan hierdie ambagsmanne jaarliks afgeneem het.

Lichtenstrasser was destyds die opleidingsbestuurder en was na bewering een van twee keuses gegee – óf hy word na die Keetmanshoop-kampus oorgeplaas, óf hy bedank.

Bussel, wat ’n gewese polisieman is, het getuig hy het die dag van die voorval vir die polisie van die doodsdreigement vertel en die polisie aangeraai om dit op te volg.

Tydens Maandag se kruisondervraging wou Titus by Bussel weet wat Mueller gedoen het om homself teen die doodsdreigement te beskerm.

Volgens Bussel het Mueller sy reisplanne ’n geheim gehou. Titus kon bevestig dat dit al voorsorgmaatreël was.

Geen geslotekringtelevisiekameras (CCTV) is geïnstalleer nie en geen bykomende sekuriteitswagte is aangestel nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!