Lichtenstrasser nog aan ’n ventilator gekoppel
Meer besonderhede bekend
Ernst Lichtenstrasser se verhoor is sowat ’n week gelede tydelik tot stilstand geruk aangesien hy na bewering ’n oordosis medikasie gedrink het.
Tydens gister se hofverrigtinge het verdere besonderhede oor dié voorval aan die lig gekom.
Luidens ’n brief van die ongevalle-eenheid waar Lichtenstrasser tans behandel word, dui dit daarop dat hy glo doelbewus ’n onbekende aantal tablette gedrink het.
Volgens dr. K.J. Katjomuise, wat die brief geskryf het, is die pynmedikasie Tramadol en Zolpidem, wat hoofsaaklik vir korttermyn-behandeling vir slapeloosheid voorgeskryf word, in Lichtenstrasser se liggaam gevind.
Zolpidem word glo eers voorgeskryf nadat kognitiewe behandeling vir slapeloosheid probeer is.
Die brief verduidelik dat daar geen realistiese voorspellings vir Lichtenstrasser se herstel gemaak kan word nie, aangesien hy steeds aan ’n ventilator gekoppel is.
Katjomuise sê in die brief dat dokters van die hospitaal se psigiatriese afdeling hom nog moet assesseer.
Lichtenstrasser se verhoor sal eers vroeg in Desember hervat. – [email protected]
Verwante artikels:
LICHTENSTRASSER BELAND IN HOSPITAAL
LICHTENSTRASSER SKULDIG BEVIND

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie