• Tuisblad
  • Howe
  • Lichtenstrasser-saak: Hof verdaag tot 25 April
Ernst Lichtenstrasser is byna 2 weke lank al op ˊn eetstaking. Foto Iréne-Mari van der Walt
Ernst Lichtenstrasser is byna 2 weke lank al op ˊn eetstaking. Foto Iréne-Mari van der Walt

Lichtenstrasser-saak: Hof verdaag tot 25 April

Griffier moet op hoogte gehou word
Ernst Lichtenstrasser se saak kan eers hervat nadat hy mediese behandeling ontvang het.
Iréne-Mari van der Walt
“Indien die beskuldigde nie sy samewerking gee nie, moet dit op skrif by die griffier ingedien word.”

So het regter Christie Liebenberg gister gesê nadat ’n dokter van die Namibiese Korrektiewe Dienste, dr. Jona Jona, getuig het dat hy die veroordeelde moordenaar, Ernst Lichtenstrasser, ondersoek het om vas te stel of hy ná sy eetstaking van twee weke in staat is om verrigtinge te volg.

Jona het getuig weens die feit dat Lictenstrasser nie sy medikasie neem nie en sedert 1 Maart op ’n eetstaking is, beteken dit hy is nie nou geskik om met vonnisverrigtinge voort te gaan nie.

Jona het getuig dat Lichtenstrasser tydens sy ondersoek gekla het van duiseligheid en kopseer en dat hy verskeie kere vrae moes herhaal voor Lichtenstrasser hom verstaan het.

Lichtenstrasser toon ook volgens Jona simptome van ontwatering en sal drie weke se behandeling moet ontvang voor hy weer hofverrigtinge sal kan bywoon.

“Die beskuldigde is nie fisiek gesond nie,” het hy getuig.

Jona het gesê Lichtenstrasser het mondelings aangedui dat hy sy samewerking met die behandeling sal gee en dat hy dokumente onderteken het om dié belofte gestand te doen.

VERHOOR MOET SY ‘GANG GAAN’

In sy bevel het Liebenberg gesê dat enige vordering in Lichtenstrasser se fisieke toestand daarvan afhang dat hy sy eetstaking beeïndig.

“Die dokter is van mening dat indien die beskuldigde weier om sy samewerking te gee, moet die verhoor sy gang gaan,’ het Liebenberg gesê.

Hy het beveel dat ’n mediese verslag elke twee weke by die griffier ingedien word en dat die griffier in kennis gestel moet word as Lichtenstrasser nie sy samewerking gee nie.

Hy is op 2 November verlede jaar skuldig bevind op die moorde van die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteur, Eckhart Mueller, en sy adjunk, Heimo Hellwig, in 2019.

Lichtenstrasser het later daardie maand in die hospitaal beland nadat hy oënskynlik ’n oordosis opiaatmedikasie geneem het.

Die verhoor is tot 25 April uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!