Lichtenstrasser-saak tans in binneverhoor
Staat dien nuwe dokumente in
'n Ondersoekbeampte het getuig die beskuldigde het vir hom gesê hy is bly die twee mans is doodgeskiet.
Die verhoor van die dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser, het Dinsdag tot ’n stilstand gekom met die begin van ’n binneverhoor.
Dit volg ná die getuienis van Reinhard Maletzky, ’n ondersoekbeampte van die Namibiese polisie, waarin hy beweer Lichtenstrasser het tydens ondervraging gesê hy is bly die destydse direkteur van die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt), mnr. Eckhart Mueller en sy adjunk, mnr. Heimo Hellwig, is doodgeskiet.
Lichtenstrasser het glo nie ’n regsverteenwoordiger teenwoordig gehad toe dié stelling gemaak is nie.
Toe Maletzky Dinsdag in die hoërhof in Windhoek begin het om oor Lichtenstrasser se self-inkriminerende uitspraak te getuig, het Lichtenstrasser se prokureur, mnr. Albert Titus, beswaar gemaak.
Regter Christie Liebenberg het besluit om ’n binneverhoor te hou om te bepaal of Maletzky se verdere getuienis, asook ’n tweede polisie-ondervraging, in die hoofverhoor toegelaat sal word.
Nadat Lichtenstrasser glo gesê het hy is bly die mans is dood, het hy geweier om verder met die polisie te praat en aangedui dat hy eers met sy prokureur wil konsulteer.
Volgens Maletzky het een van die polisiebeamptes hom voor die ondervraging van sy regte ingelig en Lichtenstrasser het aanvanklik aangedui dat hy nie in daardie staduim van ’n regsverteenwoordiger wil gebruik maak nie.
Titus het tydens kruisondervraging beweer Lichtenstrasser se reg om regshulp is telkens deur die polisie belemmer.
Hy is glo ook besoeke van sy vrou, sy dokter en sy regsverteenwoordiger geweier.
Die eerste ondervraging het op 18 April 2019 – drie dae ná die moord – plaasgevind.
Nadat die polisie vasgestel het die patroondoppies wat op die moordtoneel gevind is en patroondoppies wat by Lichtenstrasser se woonstel op Otavi en by ’n skietbaan op Tsumeb gekonfiskeer is, van dieselfde wapen kom, het die polisie hom weer op 15 Mei 2019 ondervra.
VERTRAGING
Die binneverhoor het reeds Dinsdag begin, maar is gister uitgestel toe staatsaanklaer Antonia Verhoef nuwe dokumente ingedien het. Titus het versoek om eers die dokumente deur te gaan voor die binneverhoor voortgaan.
Die binneverhoor sal na verwagting vandag hervat.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie