Lichtenstrasser se verhoor hervat in Julie
Ondersoekbeampte se getuienis afgehandel
'n Getuie het bevestig .22-patrone is die dag ná die moorde in Lichtenstrasser se voertuig gevind.
Nampol se ondersoekbeampte Rafael Litota het Dinsdag sy getuienis in die dubbele moordverhoor teen mnr. Ernst Lichtenstrasser in die hoërhof in Windhoek afgehandel.
Litota het tydens kruisondervraging deur Lichtenstrasser se prokureur, mnr. Albert Titus, sy verklarings verdedig.
Litota, wat as spoorsnyer in die grensoorlog gedien het, het Titus en die hof verseker die band- en skoenafdrukke wat hy in die woestyn gevind het en wat tot by die 9 mm Beretta-pistool gelei het, wel Lichtenstrasser s’n was.
Tydens kruisondervraging het dit aan die lig gekom dat Lichtenstrasser twee haelgewere met dieselfde reeksnommer besit, maar hy het net een vuurwapenlisensie.
Een haelgeweer is in sy huis op Otavi gevind en die ander by ’n plaaswerker wat na Lichtenstrasser se plaas in Owamboland omgesien het.
Litota het ook getuig 'n wapenhandelaar op Grootfontein het glo vir die polisie gesê Lichtenstrasser is bekend daarvoor om reeksnommers op wapens te vervals.
REWOLWER EN AMMUNISIE
Die laaste staatsgetuie vir die week was Stefanus Muyenga, ’n polisiebeampte.
Hy was die beampte wat Lichtenstrasser die oggend van 16 April 2019 by ’n vulstasie op Karibib in hegtenis geneem het.
Muyenga het hom naby die OTM by die vulstasie genader en Lichtenstrasser het glo vir hom gesê: ”Ek weet jy soek my, ek het op die radio gehoor toe ek in die woestyn was. Dis 'n misverstand”.
Hy het Lichtenstrasser se regte voorgelees en hom sonder teenstand in hegtenis neem.
Muyenga het Lichtenstrasser se voertuig na die polisiekantoor op Karibib gery waar hy – met Lichtenstrasser se toestemming – die voertuig deursoek het.
Hy het 'n .38-kaliber-rewolwer agter die linkeragterste sitplek gekry met vyf rondtes in die loop. Hy het ook 'n bruin holster, en nog 16 rondtes gevind.
Hy het nog 22 lewendige rondtes (kaliber .38) en vyf gebruikte .38-patrone in die voertuig gevind.
Onder die passasiersitplek het hy twee .22-patrone gekry waarvoor Lichtenstrasser nie ’n vuurwapenlisensie of skriftelike magtiging gehad het nie.
Hy het gesê die .22-pistool behoort aan sy vrou en die polisie kon dit later bevestig wanneer hulle die plaas besoek en sy vrou ondervra het.
Die verhoor is tot 18 Julie uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie