Lichtenstrasser skuldig bevind
DNS-bewyse gee die deurslag
Ernst Lichtenstrasser is onder meer skuldig bevind op 'n klag van regsverydeling en vyf ander aanklagte wat verband hou met wapens en ammunisie.
“Wanneer jy die punte verbind, wys dit net na een persoon en dit is die beskuldigde.”
So het regter Christie Liebenberg se uitspraak gister in die hoërhof in Windhoek gelui toe hy Ernst Lichtenstrasser skuldig bevind het aan die moorde op die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteur, Eckhart Mueller, en sy adjunk, Heimo Hellwig, in 2019.
Lichtenstrasser is ook skuldig bevind op ’n klag van regsverydeling en vyf ander klagte wat verband hou met wapens en ammunisie asook ’n klag van die onwettige besit van ’n haelgeweer, die onwettige besit van ammunisie en dwarsboming van die gereg. Dit aangesien hy die 9 mm-Beretta-pistool, waarmee die moorde gepleeg is, in die woestyn begrawe het.
Liebenberg het bevind dit is onwaarskynlik dat die DNS wat op Lichtenstrasser se klere, op die moordtoneel en op die geweer se holster – wat saam met die Beretta-pistool gevind is – kon ooreenstem indien Lichtenstrasser nie op die moordtoneel teenwoordig was nie.
Die opname wat Liebenberg ná ’n binneverhoor toegelaat het, is ook volgens hom ’n volwaardige skulderkenning.
Liebenberg het ook een van Lichtenstrasser se getuies, die sielkundige Ute Sinkala, se verslag in twyfel getrek. Hy het bevraagteken hoekom nie een van die individue wat Sinkala in haar verslag noem, geroep is om te getuig om die verslag se bevindinge te bevestig nie.
“Die verslag bevat ’n redelike mate van spekulasie in sy bevindinge,” het Liebenberg gesê.
Hy het ook aangevoer dat Sinkala geen poging aangewend het om vertroud met die bewyse te raak nie.
Sinkala se verslag het volgens Liebenberg breë verwysings gemaak na gebeure in Lichtenstrasser se lewe en het nie sy gemoedstoestand op die dag van sy skulderkenning in ag geneem nie.
Die laaste drie klagte, wat almal verband hou met ’n geweer wat Lichtenstrasser uit ’n geweersmid, Hendrik de Villiers, se kluis gesteel het, is volgens Liebenberg nié ’n duplisering nie, aangesien dit die gevolg is van drie onderskeidelike voornemens om ’n misdaad te pleeg.
Lichtenstrasser is skuldig bevind op aanklagte van diefstal, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die onwettige verskaffing van ’n vuurwapen omdat hy die gesteelde vuurwapen aan sy plaaswerker gegee het. Die plaaswerker is vrygespreek van alle moontlike klagte teen hom in verband met die gesteelde vuurwapen aangesien hy volgens Liebenberg nie Lichtenstrasser se voornemens gedeel het nie.
Liebenberg het in sy uitspraak gesê Lichtenstrasser se verduideliking van sy doen en late in die dae ná die moorde het “al die kenmerke van ’n nagedagte”.
“Die waarskynlike gebeure is nie gunstig teenoor die beskuldigde se bewering dat sy teenwoordigheid in die omgewing toevallig was nie,” het Liebenberg gesê.
Hofverrigtinge sal op 14 November hervat met die staat wat getuies ter verswaring van sy vonnis sal roep. Lichtenstrasser sal dan sy eie getuies ter versagting van sy vonnis kan roep, voor ’n datum vir vonnisoplegging vasgestel sal word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie