• Tuisblad
  • Howe
  • Lichtenstrasser-verhoor staan einde se kant toe
Ernst Lichtenstrasser Foto Iréne-Mari van der Walt
Ernst Lichtenstrasser Foto Iréne-Mari van der Walt

Lichtenstrasser-verhoor staan einde se kant toe

Ballistiese kenner getuig nie
Partye sal op 14 September finale betoë in Ernst Lichtenstrasser se verhoor lewer.
Iréne-Mari van der Walt
Ernst Lichtenstrasser se regsverteenwoordiger, Albert Titus, het Maandag hul saak afgesluit sonder ’n ballistiese kenner se getuienis.

Sy verhoor is in Junie vanjaar en weer in Julie uitgestel om ’n ballistiese kenner van Suid-Afrika te kry om te getuig.

’n Ballistiese kenner van die Verenigde State van Amerika, William Tobin, sou oorspronklik getuig het. Hy kon egter weens gesondheidsredes nie na Namibië reis nie. Titus het in Junie aangedui die Suid-Afrikaner Lucas Visser sou hom vervang.

Lichtenstrasser staan tereg op die moord van die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se uitvoerende direkteur, Eckhart Mueller (72), en sy adjunk, Heimo Hellwig (60) in 2019 op Arandis.

Hoewel regter Christie Liebenberg verlede jaar ’n video-opname toegelaat het waarin Lichtenstrasser erken dat hy die moorde gepleeg het, het Lichtenstrasser getuig polisiebeamptes het hom gedwing om skuld te erken.

Hy beweer die polisie het gedreig om sy vrou in hegtenis te neem indien hy nie skuld sou erken nie.

’n Kliniese sielkundige, Ute Sinkala, het getuig dat Lichtenstrasser “onder enorme dwang was” toe hy skuld erken het.

Sy het ook getuig “die omstandighede van sy ondervraging het kenmerke van marteling”.

Die partye sal op 14 September finale betoë lewer voor ’n datum vir uitspraak vasgestel sal word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!