Die bekende Windhoekse likwidateurs, Ian McLaren (links) en David Bruni. Foto argief
Die bekende Windhoekse likwidateurs, Ian McLaren (links) en David Bruni. Foto argief

Likwidateurs wen diamantsaak

Hof beveel oorhandiging
Die hof het in die guns van David Bruni en Ian McLaren beslis en beveel dat die polisie die diamante aan hulle moet oorhandig.
Kristien Kruger
Diamante ter waarde van sowat N$9,5 miljoen wat al jare in die besit van die Namibiese polisie is, sal aan die bekende likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, oorhandig word.

Regter Collins Parker het verlede week beveel dat die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie die diamante aan die likwidateurs moet gee.

In die hofaansoek het Bruni en Ian McLaren beweer hulle is geregtig op die diamante as die likwidateurs van Bret Investments. Toe die polisie egter sloer om die diamante aan hulle te oorhandig, het hulle in 2022 die hof genader met die bewering dat die polisie die uitvoering van hul mandaat as likwidateurs kniehalter.

In die hofsaak het die polisie aangevoer dat die diamante deur ’n onwettige transaksie bekom is deurdat die persoon wat die diamante verkoop het, nie ingevolge die wet gemagtig was om dit te verkoop nie.

Parker het egter in die guns van die likwidateurs beslis. Die hofbevel het verder gestipuleer dat die diamantkommissie aan die likwidateurs ’n permit ingevolge die wet op diamante moet uitreik.

AGTERGOND

In 2008 het Bret Investments ingevolge ’n hoërhofbevel likwidasie in die gesig gestaar en in 2010 is McLaren en Bruni as gesamentlike likwidateurs aangewys.

Die diamante is ingevolge ’n hofbevel onder die toesig van die polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne geplaas.

As deel van die skikking in Julie 2018 het die minister van myne en energie na bewering die groen lig aan McLaren en Bruni gegee om permitte van die diamantkommissaris te ontvang wat hulle toelaat om die diamante weer in besit te neem.

Hul pogings om die diamante terug te kry, is na bewering met weerstand deur die polisie begroet.

“Die eerste verweerder [inspekteur-generaal] het geen wettige basis om voort te gaan om die diamante te hou nie,” het McLaren in ’n verklaring aangevoer.

Die polisie het aangevoer die diamante is gekonfiskeer ingevolge ’n oortreding van die diamantwet aangesien dit sonder die magtiging van die ministerie van myne en energie verkoop is.

Die ander verweerders in die saak, sluit in die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, die minister van myne en energie en die diamantkommissaris.

Die uitspraak is op 2 Julie in die hoërhof in Windhoek gelewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...