Likwidateurs wil aan Fishrot-saak onttrek
Mnre. Dave Bruni en Ian McLaren van Bruni & McLaren CC het die Windhoekse hoërhof gevra om hulle te onthef van hul pligte as kurator bonis van die Fishrot-beskuldigdes se bates, en beweer hulle het nie voldoende kapasiteit om hul mandaat uit te voer nie.
‘n Kurator bonis is ‘n wetlike verteenwoordiger wat deur ‘n hof aangestel is om die finansies, eiendom of boedel van ‘n ander persoon wat weens geestes- of fisieke ongeskiktheid nie daartoe in staat is nie, te bestuur
Die meester van die hoërhof, me. Elsie Beukes, het die duo op 4 Desember 2020 ingevolge die Boedelwet van 1965 aangestel en in ooreenstemming met die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca) van 2004.
Hul aanstelling het gevolg nadat die hoërhof ‘n voorlopige beperkingsbevel vir die Fishrot-beskuldigdes se bates toegestaan het.
FRUSTRASIES
In sy beëdigde stigtingsverklaring wat op 3 Augustus ingedien is, het Bruni gevra dat hy en McLaren verwyder word as die verteenwoordigers in beheer van die bestuur van die Fishrot-beskuldigdes se finansies, eiendom en boedels.
Hy het daarop gewys dat hul werk deur frustrasies bemoeilik is, en gesê hulle het nie die vermoë om die bates ter sprake verder te bestuur nie.
Hulle het met die aanklaer-generaal (AG), me. Martha Imalwa, se regspraktisyn, me. Annerie Keulder, ooreengekom om aansoek te doen vir die beëindiging, het hulle gesê.
Bruni het ook gesê voordat hulle hul bereidwilligheid aangedui het om hierdie kuratorskap te aanvaar, het die voormalige uitvoerende direkteur van justisie, me. Gladys Pickering, hulle ingelig dat dié ministerie ‘n fonds het waaruit hul koste en uitgawes vereffen sal word.
“Op 4 Desember 2020 het ek en mnr. McLaren ons sekuriteitsverband vir ‘n bedrag van N$10 miljoen aan die meester van die hoërhof gelewer met ‘n afskrif van die dekbrief en ‘n afskrif van die verband. Die koste vir die sekuriteitsverband het N$58 250 beloop en bewyse van tariewe is reeds op 11 Maart 2021 aan Pickering gelewer. Dit het die ministerie van justisie meer as ‘n jaar geneem om hierdie uitgawes te betaal,” het hy gesê.
STADIGE PROSES
Ingevolge die hofbevel moes elke verweerder die likwidateurs binne 10 dae van ‘n verklaring van bates voorsien, maar dit het nie gebeur nie, het hy bygevoeg.
Verklarings deur verskeie van die Fishrot-beskuldigdes het uiteindelik vanaf Januarie 2021 begin inkom, maar die meerderheid is eers laat in 2021 gestuur.
Nadat hulle die verklarings noukeurig nagegaan het, het hulle besef ‘n reusehoeveelheid bates en talle besighede wat oor Namibië versprei is, is by dié aangeleentheid betrokke, het Bruni gesê.
Hulle het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle nie die kapasiteit of die personeel het om al die verweerders se bates te bestuur nie.
Luidens hofstukke het hulle toe ‘n vergadering met Beukes belê om hulle aan die saak te onttrek.
ANDER KWESSIES
Toe Bruni ander struikelblokke gelys het wat hulle teëgekom het, het hy genoem hulle het die Ramatex-gebou geïdentifiseer as ‘n gepaste plek om die bates wat hulle bestuur, te stoor en te beskerm.
Hulle het voortgegaan om alle vensters toe te sweis en die nodige sekuriteitstelsels en toerusting in plek te stel om te verseker dat die bates veilig sou wees.
Daarna het hulle die Teenkorrupsiekommissie (ACC) genooi om die terrein te inspekteer en gevra dat hulle die Fishrot-bates oorhandig.
“Tot ons verbasing is ons toe meegedeel dat die bates nie aan ons oorhandig sal word nie, en dat ons ‘n hofaansoek moet bring om die bates na die gebou te laat skuif.”
Hulle het nog ‘n struikelblok teëgekom toe hulle paaiemente vir mnr. James Hatuikulipi se verband by Agribank wou betaal, net om uit te vind die Bank of Namibia (BoN) het sy bankrekeninge gevries.
“Niemand vertel ons hierdie dinge nie en ons het dit eers uitgevind toe ons die betaling wou maak.”
‘MAAK NIE SIN NIE’
Luidens hofstukke het hulle op 30 Maart met Imalwa vergader om hul uitdagings te bespreek, waarna sy op 8 April met Beukes oor die saak vergader het.
Toe Beukes verlede week om kommentaar genader is, het sy gesê sy is bewus van die likwidateurs se bekommernisse.
“Hulle het my meegedeel dat hulle nie die nodige infrastruktuur het om die omvang van bates wat na bewering deur die verskillende beskuldigdes besit word, te bestuur nie. Nog ‘n kwessie was dat die strafregtelike saak langer neem as wat die kurators verwag het en albei is op ‘n hoë ouderdom,” het sy gesê.
“Hulle is verder gefrustreerd met uitdagings wat geskep word deur die verskillende wetgewing wat van toepassing is op sake wat onder Poca val. Wetgewing moet belyn word om te verseker dat dit prakties is in die implementering daarvan. Dit maak byvoorbeeld nie sin dat ‘n kurator wat deur die hof aangestel is, by die hof moet aansoek doen om die ACC in staat te stel om eiendom wat die hof reeds aan dié kurator toegeëien het, vry te stel nie. Dit verhoog die administrasiekoste onnodig.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie