hofsaak
hofsaak

Lühl-paartjie se stryd duur voort

Jana-Mari Smith
Die hoofregter van die hooggeregshof, Peter Shivute, adjunk-hoofregter Petrus Damaseb en regter Dave Smuts het vandag opdrag aan die ministerie van binnelandse sake en immigrasie gegee om "met nuwe oë" na 'n aansoek te kyk van Guillermo Delgado - pa van drie wat in Meksiko gebore en met die Namibiër Phillip Lühl getroud is - wie se vorige aansoek afgekeur is om 'n sertifikaat te verleng om in Namibië te bly. Delgado woon en werk sedert 2010 in Namibië. Die egpaar is in 2014 in Suid-Afrika getroud en sukkel sedertdien om domisilie in die land te kry. Laasgenoemde word outomaties aan buitelanders met Namibiese eggenotes toegeken wat in Namibië bly. Die egpaar sê hoewel hul appèlaansoek in die hooggeregshof gedeeltelik geslaag het, voel dit asof hulle weer terug by die begin van hul stryd is. Die hof die regering beveel om alle koste van die appèl te betaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!