• Tuisblad
  • Howe
  • Ma getuig teen haar man wat hul dogter verkrag
Foto argief
Foto argief

Ma getuig teen haar man wat hul dogter verkrag

Vonnisoplegging op 14 November
Die staat het voorgestel dat die man 25 jaar tronkstraf opgelê word vir die verkragting van sy eie kind.
Kristien Kruger
“Ek het hom met my kind vertrou. Ek het verwag dat hy haar soos ’n pa sou beskerm, maar in plaas daarvan het hy haar verkrag en fisiek en emosioneel mishandel.”

Só het die ma van die verkragtingslagoffer – wie se pa skuldig bevind is aan haar verkragting en ’n bykomende aanklag van bloedskande – gister in die hoërhof in Windhoek gesê.

“Ek was by haar toe sy die aborsie gehad het, ek het self die pyn en lyding gesien.

“Alles wat my dogter deurgemaak het, is as gevolg van hom en hy verdien om swaar gestraf te word,” het sy aan die hof gesê.

Die slagoffer was glo 15 jaar oud toe haar pa haar die eerste keer verkrag het. Sy was 17 toe sy die aborsie ondergaan het.

Die 54-jarige man se vonnisoplegging is vir 14 November geskeduleer.



PA EN POLISIEMAN

Die staatsaanklaer Palmer Khumalo het tydens sy slotbetoë daarop gewys dat die verkragting in ’n huishoudelike omgewing plaasgevind het.

“’n Pa het ’n beskermende verhouding teenoor sy kinders. Jy is veronderstel om jou kinders te beskerm. Hy het hierdie verhouding misbruik,” het Khumalo gesê en aangevoer dat die hof dit as ’n verswarende faktor moet beskou.

Hy het ook gewys op die feit dat die man ’n voormalige polisieman is.

“Hy was in ’n beskermende posisie, nie net vir haar [sy dogter] nie, maar ook die samelewing.”

Volgens Khumalo het die emosionele getuienisse van die slagoffer, tydens die verhoor, en haar ma (gister), gewys watter groot impak die gebeure op hulle gehad het.

“Hy het die vertroue verbreek wat die ma van sy kind en sy dogter in hom geplaas het,” sê Khumalo.

Hy het verder daarop gewys dat voorvalle van verkragting tans hoogty in Namibië vier.

“’n Boodskap moet gestuur word dat hierdie hof kinders sal beskerm. Die vonnis moet die publiek afskrik.”

Hy het voorgestel dat die hof ’n vonnis van ’n minimum van 25 jaar tronkstraf oplê.



‘AKSIES HET GEVOLGE’

Die man het egter by monde van sy regsverteenwoordiger die hof gesmeek om genadig te wees.

Sy prokureur het die minimum voorgeskrewe vonnis van 20 jaar tronkstraf voorgestel. Hy het daarop gewys dat indien die man tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word, hy 74 jaar oud sal wees wanneer hy vrygelaat word.

Regter Claudia Claasen het ook vir Khumalo sy mening gevra oor die verdediging se bewering dat hy ’n gevorderde ouderdom sal wees met sy vrylating.

“Aksies het gevolge. Hy moet gestraf word soos deur die wet vereis word,” het hy geantwoord.



MISDADIGER

Dit het ook tydens gister se verrigtinge aan die lig gekom dat die man voorheen aan diefstal, bedrog en poging tot die handel in dwelms skuldig bevind is. Hy is ook uit die polisiemag ontslaan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 32° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 20° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 30° Gobabis: 22° | 35° Henties Bay: 18° | 21° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 18° | 23° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 25° | 36° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 28° | 37° Lüderitz: 16° | 25° Ariamsvlei: 23° | 36° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 18° | 26° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 21° | 30° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 29° Johannesburg: 21° | 32° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 17° | 23° Harare: 15° | 27° #N/A #N/A