Ma in arres ná kind in emmer verdrink

Sanet Pearson
Kenya Kambowe op Rundu – ’n Ma van die Omusatistreek het verlede week in die hof verskyn nadat sy haar minderjarige kinders in 2021 by die huis gelos en een van die kinders in ’n emmer vloeistof verdrink het.

Ná twee jaar van wat aanvanklik ’n polisieondersoek na die voorval was, is Magano Kambonde (43) van die dorp Uuhongo in die Onesi-omgewing in hegtenis geneem en het Donderdag in die Outapi-landdroshof verskyn nadat haar 11 maande oue kind verdrink het in ’n 25 l-houer met geweekte mahangu in as gevolg van beweerde verwaarlosing.

’n Polisieverslag oor die voorval het aangedui dat Kambonde op 10 November 2021 haar drie minderjarige kinders sonder toesig by die huis gelos het, wat gelei het tot die dood van haar jongste kind.

Die ander twee kinders was tydens die voorval sewe en nege jaar oud. Volgens ’n polisiebron het Kambonde die kinders sonder toesig gelos om na ’n sjebeen te gaan.

Sy staar ’n klag van verwaarlosing in die gesig ingevolge die wet op hindersorg en beskerming. Sy het voor landdros Hafeni Kashikuka verskyn, wat die saak tot 16 Januarie 2024 uitgestel het vir verdere polisieondersoeke en vir die beskuldigde om regshulp te verkry.

Sy is borgtog van N$1 500 toegestaan.

TREE OP

Die arrestasie het gekom maande nadat Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusatistreek, tydens sy streekrede gevra het dat nalatige ouers in boeie geslaan moet word. Daar is geen aanduiding dat Kambonde in opdrag van die goewerneur in hegtenis geneem is nie.

Destyds het die goewerneur gesê: "Dikwels is kleuters wat verdrink sonder toesig gelaat, terwyl hul voogde/ouers by sjebeens was,” het hy gesê.

Volgens hom het die polisie reeds teen sulke ouers/voogde begin optree deur strafregtelike klagte teen hulle aanhangig te maak.

Die polisie in die streek het 16 gevalle aangeteken van babas wat onverklaarbaar dood is weens verstikking nadat hulle “dronk” ma’s na bewering bo-op hulle gelê het terwyl hulle slaap. Hierdie sake is gedurende die 2022-’23-finansiële jaar aangeteken. Dit, terwyl 13 gevalle aangeteken is van minderjariges wat dood is nadat hulle in emmers water of oshikundu, in damme of in kanale verdrink het weens ’n gebrek aan ouertoesig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!