Ma kry halfmiljoen ná dogter se dood
‘Mediese personeel was nalatig’
Ná die oorledene se ma byna N$2 miljoen in skadevergoeding van die ministerie geëis het, is 'n skikkingsooreenkoms van N$500 000 bereik.
’n Vrou wat beweer dat mediese personeel se nalatigheid tot haar dogter se dood gelei het, sal ná ’n skikking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste N$500 000 ontvang.
Renate Ndjahera het aanvanklik die ministerie hof toe gesleep vir N$1,9 miljoen in skadevergoeding nadat haar dogter in Januarie 2020 dood is.
Ndjahera het in hofstukke aangevoer sy het haar dogter, Vazemba Kavetutjo, in Junie 2019 na die Wanaheda-kliniek geneem aangesien haar maag gepyn en sy vanuit haar private dele gebloei het.
Sy is daarna na die Windhoek Sentrale Hospitaal geneem en is vier dae later in kennis gestel dat sy vier maande swanger was en die fetus verloor het. Sy is met ’n infeksie van die baarmoeder gediagnoseer en het ’n noodoperasie ondergaan om die swangerskapweefsel uit haar baarmoeder te verwyder.
Volgens Ndjahera is haar dogter vier dae later ontslaan, hoewel haar toestand nie verbeter het nie. Sy moes twee weke later weer by die hospitaal aanmeld vir ’n geboortebeperking-inplanting in haar arm.
Die inplanting is gedoen en Kavetutjo het volgens haar ma voortgegaan om vir maande daarna steeds te bloei. Sy het ook geweldige pyn ervaar en was “in en uit die hospitaal”.
Op 8 November het sy by die staatshospitaal op Omaruru om hulp aangeklop met vaginale bloeding, rugpyn en lae buikpyn.
Sy is dae later in die Katutura-staatshospitaal opgeneem waar sy ’n blindedermoperasie moes ondergaan, sowel as die verwydering van ’n ou hematoom van die afgelope vyf maande.
’n Hematoom is ’n bloedblaar van meestal gestolde bloed wat in ’n orgaan, weefsel of ruimte in die liggaam vorm. Dit word gewoonlik veroorsaak deur ’n stukkende bloedvat wat beskadig is tydens chirurgie of ’n besering.
Sy is ’n week later ontslaan, maar volgens Ndjahera is sy op 6 Desember weer opgeneem. Later daardie maand het laboratoriumtoetse van die hematoom gewys sy het endometriële stromale sarkoom, waarin gewasse in die ondersteunende verbindingsweefsel (stroma) van die voering van die baarmoeder begin vorm.
Kavetutjo is op 11 Januarie 2020 aan nierversaking dood as gevolg van die endometriële stromale sarkoom.
EIS
Ndjahera het in haar saak teen die ministerie aangevoer dat haar dogter se dood direk aan die mediese personeel se nalatigheid verbind kan word. Dit deurdat hulle haar dogter aanvanklik gemisdiagnoseer het en sy nie die regte behandeling ontvang het nie.
“Die vertraging in die behandeling van die hematoom wat gelei het tot verskeie mediese probleme en komplikasies, insluitend die sarkoom en nierversaking, het haar dood veroorsaak,” luidens die hofstukke.
Sy het N$1 miljoen geëis vir die pyn en lyding wat sy moes verduur en N$400 000 vir die ongerief en ongemak wat die situasie veroorsaak het, asook ’n bykomende N$500 000 vir mediese uitgawes.
Die ministerie het ingestem om N$500 000 aan Ndjahera te betaal. Partye betaal elkeen hul eie regskostes.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie