Elias Namwandi Nandomba
Elias Namwandi Nandomba

Ma oorhandig glo haar seun aan die polisie

Rita Kakelo
“Dit lyk of ek Mwandi teen die polisie beskerm het, maar ek het nie. Ek het my seun aan die polisie oorhandig sonder dat ek die aard van sy beweerde misdaad geweet het. Ek het eers deur sosiale media van die omvang van die bewerings teen hom bewus geraak.”

So sê die ma van een van die jong mans wat van die grumoord op en skending van die 30-jarige Christof (Sexy) Fredericks se lyk aangekla is.

Antoinette en Joseph Nandomba, die ouers van Elias Namwandi (19) was gister by die hof teenwoordig waar hul dogter en sy suster, Tashiya Nandomba (23) op aanklag van dwarsboming van die gereg verskyn het.

Nandomba het saam met die 21-jarige Joslin Booysen verskyn op aanklag dat hulle gepoog het om bewyse wat met die misdaad verband hou, te vernietig.

Volgens die ouers het Namwandi met bloeddeurdrenkte klere by die huis opgedaag en na bewering Tashiya se hulp gevra om daarvan ontslae te raak.

Antoinette Nandomba het gesê Namwandi is op 2 Mei na Swakopmund gestuur om vir ’n rukkie by haar te bly.

Dit na bewering oor ander familie-aangeleenthede in Windhoek waarby hy betrokke was. Sy ouer suster, wat saam met hul ouers by die hof was en nie haar naam verskaf het nie, sê gerugte oor die moord het soos ’n veldbrand in Windhoek versprei.

Die polisie se ondersoek het hulle na die ander moordbeskuldigde, Mervin Beukes (18) gelei, wat Namwandi later by die moord betrek het.

“Toe die polisie na hom begin soek het, het hulle my jonger suster Tashiya ondervra. Ek het vir haar gesê om vir hulle ons ma se telefoonnommer te gee, want hy was by haar in Swakopmund,” sê die ouer suster.

Volgens Antoinette het sy ’n oproep van haar oudste dogter ontvang waartydens sy gesê het dat sy [Antoinette] ’n oproep van die polisie gaan ontvang wat na Namwandi soek.

Haar dogter het dit ook volgens Aintoinette duidelik gemaak dat sy haar samewerking moet gee, anders gaan dit voorkom asof sy haar seun beskerm.

“Toe die polisie bel, het hulle gevra of ek bewus is van die feit dat ek ‘saam met ’n moordenaar bly’.”

Volgens haar het sy al die polisie se instruksies gevolg.

“Ek het kalm gebly. Op die dag van sy arrestasie het ek ’n balaklava oor sy gesig getrek en met hom na ’n vullishouer (skip) agter ’n primêre skool in Swakopmund se Matutura-gebied gery waar ek die polisie gebel het om hom te kom oplaai,” sê Antoinette.

Namwandi en Beukes bly in aanhouding in die Windhoek Sentrale Gevangenis tot hul volgende hofverskyning op 31 Julie.

Fredericks, wat as ’n vrou geïdentifiseer het, se liggaam het 32 steekwonde gehad en sy private dele is afgesny.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!