Wentzel Maasdorp (regs) saam met sy familie na afloop van die hofverrigtinge. FOTO JEMIMA BEUKES
Wentzel Maasdorp (regs) saam met sy familie na afloop van die hofverrigtinge. FOTO JEMIMA BEUKES

Maasdorp 'n 'swerwer geneig tot geweld'

Getuies het die moordbeskuldigde Wentzel Maasdorp as 'n swerwer sonder 'n stabiele huis of werk en geneigdheid tot geweld beskryf wat sonder om twee keer te dink sou vlug.

Maasdorp word daarvan beskuldig dat hy sy meisie Delia Weimers-Maasdorp verlede jaar in haar woonstel in Windhoek verwurg het. Die hof het tydens die tweede dag van Maasdorp se borgtogaansoek bewyse ingedien dat hy sy meisie se televisie en iPhone vir N$2 000 kontant en N$3 000 se kokaïen verpand het.

Die tweede getuie, die ondersoekbeampte wat ook borgtog teengestaan het, het gesê die moord op vroue wat hul lewensmaats wil verlaat, kom te gereeld in Namibië voor. Hy het bygevoeg dat geen persoon met respek vir 'n mens se lewe Weimers-Maasdorp se liggaam so roekeloos sou hanteer het nadat hy haar verwurg het nie.

Maasdorp is tydens gister se hofverrigtinge uitgebeeld as iemand wat 'n beduidende risiko vir die samelewing inhou.

"Delia was 'n bondel vreugde," het Ramon Maasdorp sy gewese vrou beskryf en die gevaar beklemtoon wat sy neef inhou sou hy op borgtog vrygelaat word.

"Hy het die mees kosbare ding tot vir mens gevat en wat hul lewe is." Ramon Maasdorp het in die hof gesê Wentzel is 'n "erkende moordenaar" wat nie toegelaat moet word om na die samelewing terug te keer nie. Hy het kommer vir sy kinders uitgespreek en gesê "ons kinders sal vrees vir hul veiligheid as hulle moet weet die man wat hul ma vermoor het, is daar buite.

"Hy is nou 'n erkende moordenaar wat 'n probleem vir homself en die gemeenskap is. Dit is 'n feit dat hy haar vermoor het. Om borgtog aan hom toe te staan, gaan 'n totaal verkeerde boodskap aan die samelewing uitstuur. Hy het geen huis, geen werk en 'n geneigheid tot geweld. Dit was berekend, hy het selfs haar skryfstyl na-aap om boodskappe te stuur asof dit van haar af sou kom. Dit wys 'n persoon wat bedrieglik is en 'n persoon wat absoluut sonder berou is," het Maasdorp oor sy neef gesê. Volgens hom het Delia opgehou om sy oproepe te beantwoord en het hy vreemde boodskappe ontvang waarin sy hom vir geld vra. Dit was dae voordat sy 'n goedkeuringsbrief moes onderteken wat hom sou toelaat om hul dogters vir 'n vakansie Bali toe te neem en iets wat nie in haar aard was nie.

Dit was ook met sy aankoms in Bali dat hy die verwoestende nuus ontvang het dat die ma van sy kinders vermoor is en dat Wentzel die hoofverdagte is.

"Dit is nie wraak nie, maar hy moet sy tyd uitdien en gerehabiliteer word. Die samelewing moet homself en die mees kwesbare in die gemeenskap beskerm. Gegewe die omvang van hierdie saak sal hy nie verhoor word vir hierdie moord van die ma van ons kinders nie. Dit is nie net enige kinders nie, dit is sy eie familie, hy moet verhoor word," het Ramon gesê.

Volgens hom het Wentzel en sy gewese vrou en die ma van sy twee dogter tydens die Maasdorp-egpaar se vervreemding by die beweerde moordenaar betrokke geraak. Hy het haar gewaarsku dat Wentzel nie goed vir haar en haar reis op die herstelpad van alkoholverslawing was nie.

Volgens hom het Weimers-Maasdorp in die dae in die aanloop tot haar dood toenemend vir haar lewe gevrees. Sy het in so 'n mate deur die beskuldigde bedreig gevoel wat "emosioneel op haar geteer het" dat hy (Ramon) voorgestel het dat sy vir 'n tyd by hom en die kinders kom bly. Hy het ook verskeie maatreëls voorgestel wat sy kon neem om haarself te beveilig. Sy was egter bekommerd oor die beskuldigde en het hom selfs toegelaat om in die spaarkamer van haar woonstel te slaap en het hom ook versorg.

Weimers-Maasdorp het volgens hofdokumente 'n boodskap aan haar gewese man op 19 Januarie 2024, 'n wyle voor haar dood, gestuur waarin sy haar frustrasie met die beskuldigde gedeel het.

"Ek is 'n wrak. Ek het Wentzel vanoggend uitgesit. Ek vermoed hy gebruik weer dwelms. Dit is vanoggend aan my bevestig toe hy my motor en kaart vat en geld getrek het terwyl ek geslaap het. Hy het ook N$200 uit my beursie gevat, hy het my kar gevat en nou is dit leeg. Ek kan nie glo ek was so dom nie. Jy het my gewaarsku en ek het nie geluister nie," het die boodskap gelui.

Op 'n ander geleentheid het sy na bewering geskryf "ek het die aakligste aand gehad. Vroeg vanoggend het hy my gesmeek vir N$150. Ek het 72 gemiste oproepe en 'n poging tot selfdood gekry. Ek het hom in die Katutura-hospitaal besoek".

Volgens Maasdorp het sy gewese vrou tydens 'n aandete saam met hom en hul dogters gesê die beskuldigde wil haar nie alleen los nie, dat sy bang was en oorweeg het om 'n beskermingsbevel teen hom te kry.

"Ek het voorgestel dat sy eers by ons bly totdat sy dinge kan uitpluis," het hy gesê.

Wentzel word ook daarvan beskuldig dat hy sy meisie se huishoudelike items, oorfone, klere en skoene gesteel het om te ruil vir geld om sy verslawing te voed.

Die borgtogaansoek duur Maandag voort en Maasdorp bly in aanhouding. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!