Abraham Maasdorp. Foto Kristien Kruger
Abraham Maasdorp. Foto Kristien Kruger

Maasdorp se verhoor sloer steeds

Iréne-Mari van der Walt
Die verhoor van Abraham Maasdorp wat na bewering sy meisie in 2019 vermoor het toe sy 10 weke swanger was, se verhoor is gister vertraag nadat hy nie na die hof gebring is nie.

Die saak is vir gister geskeduleer vir finale betoë voor skuldig- of onskuldigbevinding. Maasdorp se regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomuinji, het egter gesê dat die getranskribeerde hofrekords nog nie aan hom beskikbaar gestel is nie.

Die verrigtinge moes in Maasdorp se afwesigheid voortgaan.

“Dit blyk ’n probleem te wees met die polisiereserviste wat hom moes bring, maar ek kan nie met sekerheid ’n antwoord gee nie,” het Siyomuinji aan regter Dinah Uusiku gesê.

Die saak is tot 17 Mei uitgestel.

BORGTOG TERUGGETREK

Maasdorp was vry op borgtog, Usiku het egter op 3 Februarie ’n bevel uitgereik om sy borgtog terug te trek aangesien hy nie vir hofverrigtinge opgedaag het nie.

Dit is in stryd met sy borgtogvoorwaardes en hy is tans in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.

AANSOEK MISLUK

Nadat die staat hulle saak gesluit het, het Maasdorp in Augustus 2022 ’n aansoek ingevolge Afdeling 174 van die Strafproseswet gebring om vrygespreek te word van sommige van die aanklagte waarop hy teregstaan.

Die aansoek het gefaal waarna Maasdorp die getuienisbank ingeneem het om in sy eie verdediging te getuig. Hy was die enigste getuie vir die verdediging en hulle saak is daarna, sowat ses maande gelede, gesluit.

AANKLAGTE

Maasdorp het na bewering die 20-jarige Magda van Wyk op 2 Augustus 2019 met ’n mes in haar bors gesteek wat glo daartoe gelei het dat sy 11 dae later in die Katutura-staatshospitaal dood is.

Maasdorp staan tereg op een klag van moord en een klag van dwarsboming van die gereg aangesien hy na bewering van die mes ontslae geraak het wat hy glo gebruik het om haar mee te steek.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!