• Tuisblad
  • Howe
  • Madisia glo in ‘seksuele verhouding’ met Shannon se kêrel
Die moordbeskuldigde Azaan Madisia het glo 'n seksuele verhouding met wyle Shannon Wasserfall se kêrel gehad. Foto Iréne-Mari van der Walt
Die moordbeskuldigde Azaan Madisia het glo 'n seksuele verhouding met wyle Shannon Wasserfall se kêrel gehad. Foto Iréne-Mari van der Walt

Madisia glo in ‘seksuele verhouding’ met Shannon se kêrel

‘Dit was nie romanties nie’
Petrus Shoopala het in die hoërhof getuig dat hy tydens sy romantiese verhouding met Shannon Wasserfall 'n seksuele verhouding met moordbeskuldigde Azaan Madisia gehad het.
Iréne-Mari van der Walt
Wyle Shannon Wasserfall se kêrel het ’n seksuele verhouding met die moordbeskuldigde Azaan Madisia gehad.

Petrus Shoopala het gister in die hoërhof in Windhoek getuig sy verhouding met Madisia het in 2019 “intiem” geword toe Wasserfall in Windhoek en hy in Walvisbaai gewoon het. Volgens Shoopala het hy en Wasserfall rusies gehad as gevolg van die afstand.

Hy het ontken dat hy en Madisia ooit ’n “romantiese” verhouding gehad het.

“Ek sou sê waar daar emosies betrokke is, is dit ’n romantiese verhouding. Daar was nie emosies betrokke in my verhouding met die eerste beskuldigde (Madisia) nie,” het hy getuig.

Volgens Shoopala het sy seksuele verhouding met Madisia tot in Februarie 2020, twee maande voor Wasserfall se dood, geduur. Hy het getuig Madisia het nooit gevra dat hy sy romantiese verhouding met Wasserfall moet beëindig om een met haar te kan begin nie.

Hy het ook getuig Madisia en Wasserfall het deur hom ontmoet en het goed oor die weg gekom. Shoopala het gesê hy het nooit vir Wasserfall van sy seksuele verhouding met Madisia vertel nie. Hy dra ook geen kennis dat Madisia hierdie inligting met Wasserfall gedeel het nie.

Volgens Shoopala het die polisie beslag gelê op ’n Samsung-selfoon wat Madisia vir hom gegee het. Sy Jet-kaart, mediesefondskaart en kredietkaart is ook in Madisia se besit gevind.

Volgens Shoopala was hy en Madisia goeie vriende tot haar inhegtenisname in verband met Wasserfall se dood.

‘SY SOU HOM NIE LOS NIE’

Shoopala het ook getuig oor die laaste keer wat hy Wasserfall gesien het en sy soeke na haar. Hy het Wasserfall drie keer probeer bel, maar haar foon was beset. Daarna het hy glo vir Madisia gebel, maar geen antwoord gekry nie.

Madisia het glo later sy oproep beantwoord en aan hom gesê Wasserfall sou gesê het sy gaan iemand ontmoet en dat sy binnekort sou terug wees.

“Ek het haar (Madisia) gevra of sy enigiets weet – of sy dalk die kar gesien het waarmee hulle weg is - en sy het gesê sy het niks gesien nie,” het hy getuig.

Volgens hom was hy en Wasserfall van plan om hul seun Junior (4) vir die naweek by Madisia te los. Volgens Shoopala was Wasserfall geheg aan hul seun en sou sy hom nie alleen by iemand los nie.

Hulle het egter gemaklik gevoel het om hul seun by Madisia te los omdat sy ’n familievriend was.

“Sy (Madisia) was regtig lief vir die kind,” het hy gesê.

OORSPRONKLIKE VERKLARING

Hoofinspekteur Jacobus Viljoen het ook getuig oor Madisia se oorspronklike verklaring ná haar inhegtenisname. Hierin het Madisia gesê sy het tydens ’n argument met Wasserfall op 10 April 2020, haar gestoot en albei het oor die bed teen die muur geval. Volgens Madisia se oorspronklike verklaring het sy haar val gekeer, maar Shannon het glo teen die muur geval en ‘dit is waar die bloedmerke vandaan gekom het’.

Madisia het Maandag in haar skulderkenning gesê Wasserfall het glad nie tydens die voorval gebloei nie. Haar broer en medebeskuldigde, Steven Mulundu, se verklaring Maandag aan die hof het ook ’n bloedmerk uitgelig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!