Man beweer hy is deur weermaglede aangerand
’n Man van die Walvisbaai-distrik het ’n saak teen die regering aanhangig gemaak en beweer hy is deur lede van die Namibiese weermag (NDF) aangerand.
Pius Paxula Hihepa het vanoggend in die hoërhof in Windhoek verskyn . Hy eis N$400 000 van die regering, die minister van verdediging en veterane sake en die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit.
Die beweerde aanranding het op 19 Junie 2020 naby die Twaloloka-informele nedersetting naby Kuisebmond, Walvisbaai plaasgevind.
Hihepa beweer in sy hofstukke hy het tydens die beweerde aanranding ’n groot wond op sy hand opgedoen, terwyl sy arm ook gebreek is. Sy arm was gevolglik in gips en hy kon nie sy werk as ’n ambagsman hervat nie. Hy het gevolglik sy werk verloor.
Hoewel die regering en ministers erken het dat daar ten tyde die beweerde aanranding ’n gesamentlike operasie-onderneming was om die toename in misdade in Walvisbaai te beperk, ontken hulle dat die applikant aangerand is en vra die hof om die eis met koste van die hand te wys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie