Man gevonnis wat susterskind aanrand

Yandi Du Plessis
Enzo Amuele - Die 51-jarige Josef Shivute, wat vroeër vandeesmaand sy 15-jarige susterskind fisiek aangerand het voordat hy ’n ketting om haar nek geplaas en dit met ’n hangslot gesluit het, is gister tot vier jaar en vyf maande tronkstraf gevonnis in die landdroshof op Ondangwa.

Eersgenoemde voorval het op die dorp Onekaku in die Oshikotostreek plaasgevind, waar hy na bewering die slagoffer fisiek aangerand het deur haar te slaan en te skop voordat hy ’n ketting om haar nek geplaas het. ‘n Gemeenskapslid het die meisie huilend in die bosse aangetref.

Shivute het skuldig gepleit het op ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook een van kindermishandeling, saamgelees met die bepalings van die wet op gesinsgeweld, en het die erns van sy oortreding erken.

Hy het voor landdros Ivette-Levien Fredericks verskyn en aan die hof gesê hy het uit woede opgetree en sy bedoeling was om die slagoffer te dissiplineer.

In ‘n telefoniese onderhoud het ’n ander oom van die meisie, wat by die Namibiese polisie (Nampol) in diens is, gesê hulle is tevrede met die straf wat Shivute opgelê is.

“Die hele familie stem saam met die straf. Dit is wat ons verwag het en geregtigheid het geskied,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!