Man kry 28 jaar ná moord op meisie
18-jarige was swanger tydens voorval
Deon Boois het tydens betoë ter versagting van vonnis getuig.
“Die redes vir hierdie grusame en lafhartige aanval op ’n weerlose swanger vrou, is net aan die beskuldigde bekend.”
So het regter Naomi Shivute Donderdag tydens Deon Boois (31) se vonnisoplegging in die hoërhof in Windhoek gesê voordat sy Boois tot 28 jaar tronkstraf gevonnis het.
Boois het in 2012 sy 18-jarige meisie, me. Barbara Ganses, in Rehoboth vier keer met ’n mes gesteek. Sy was 15 weke swanger met tweelingseuns.
Boois is op 5 Oktober skuldig bevind op ’n klag van moord saamgelees met die bepalings van die wet op die bekamping van huishoudelike geweld.
TER VERSAGTING
Boois het tydens betoë ter versagting van vonnis getuig.
Hy was emotioneel tydens sy getuienis en het gesê hy is jammer vir die daad wat hy gepleeg het.
Boois was slegs 19 jaar oud toe hy die moord gepleeg het en ’n eerste oortreder.
Hoewel Shivute dié twee aspekte as versagtende omstandighede in ag geneem het, is sy van mening dat jong oortreders nie agter hul ouderdom kan skuil nie.
“Sy optrede was nie dié van ’n jong oortreder nie, maar eerder dié van ’n doodgewone skurk,” het sy tydens vonnisoplegging gesê.
Shivute het gesê hoewel Boois se ouderdom en die feit dat hy berou toon, ter versagting van vonnis dien, is die aard en erns van die moord ook in ag geneem.
“Die beskuldigde is ’n gevaar vir die publiek en moet daarom vanuit die gemeenskap verwyder word.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie