HOMOCIDE: The accident scene where Mbangu Vensislaus Mutero drove over four people in Rundu
HOMOCIDE: The accident scene where Mbangu Vensislaus Mutero drove over four people in Rundu

Man kry lewenslank vir dubbele moord

Vermoor sy vrou en seun
'n Saak is ook teen Mbangu Mutero aanhangig gemaak vir strafbare manslag vir 'n voorval wat in Desember 2019 plaasgevind het.
Kenya Kambowe
’n Man wat agt jaar gelede sy vrou en sewejarige seun doodgemaak het, is verlede week in die hoërhof in Oshakati gevonnis.

Regter Duard Kesslau het Mbangu Mutero (53) tot 21 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy vrou, Rosalie Shitjonie en lewenslange tronkstraf vir die moord op sy seun, Aleksus Vipanda.

Mutero het in Desember verlede jaar – ter vonnisversagting – beweer dat die moorde in 2015 ’n ongeluk was.

Absalom Shiningayamwe het Mutero verteenwoordig en Victoria Shigwedha die staat. Shiningayamwe het gevra vir ’n vonnis van 30 jaar, terwyl die staatsaanklaer vir lewenslange tronkstraf op beide klagte aangedring het.

JALOESIE

Vroeër is berig dat Mutero op 25 September 2015 sy vrou in ’n vlaag van jaloesie vermoor het. Die egpaar het glo ook voortdurend baklei.

Mutero het sy vrou geskiet ná ’n hewige argument, en toe hul seun – wat in ’n ander kamer was – uit die kamer gehardloop het, het hy hom ook in die kop geskiet.

Mutero het die hof in Desember ingelig dat hy ’n pa van ses ander kinders is. Hy het bygevoeg dat hy N$50 000 aan sy vrou en seun se begrafnisse bestee het, terwyl die Gciriku Tradisionele Owerheid hom met N$41 000 beboet het om sy oorlede vrou se familie te ‘troos’.

Terwyl hy voorheen bakstene verkoop het en na bewering ’n wins van N$50 000 gemaak het toe die besigheid nog gefloreer het, het dit sedertdien in duie gestort, het Mutero gesê.

Hy het verder beweer dat sy skoonfamilie sy huis geplunder het, en dat items ter waarde van N$400 000 nooit teruggekry is nie.

‘ALLES WAS REG’

Mutero het ook aan die hof gesê hy ly sedert 1997 aan ’n hartkwaal. Hy is sedertdien op behandeling en kan nie op sy linkersy slaap nie, het hy gesê.

Oor sy huwelik het die veroordeelde moordenaar beweer “alles was reg tot die ongeluk gebeur het”.

Volgens hom het sy vrou se familie hom vergewe en bygevoeg dat hulle hom – nadat hy in 2018 op borgtog vrygelaat is – selfs na ’n kerk in Rundu geneem het om te wys dat hulle aanbeweeg het.

Hy sê die enigste persoon wat hom nog nie vergewe het nie, is sy skoonma.

STRAFBARE MANSLAG

Terwyl Mutero vry op borgtog was, het hy weer met die gereg gebots nadat hy glo vier mense op 30 Desember 2019 raakgery het.

Die slagoffers – Petrus Kongo Haingura (44), Muhafereni Patricia Musinga Haingura (38), Belindine Kasiku Haingura (1) en Phillip Poroto Haingura (5) – het destyds die Trans-Zambezi-hoofweg by Rundu se Ndama-nedersetting oorgesteek.

Drie van die familielede is op die toneel dood, terwyl die vyfjarige Phillip later in die hospitaal dood is.

Mutero het na bewering van die toneel gevlug en sy voertuig ’n kilometer van die ongelukstoneel weggesteek. Hy is daarna in hegtenis geneem en van strafbare manslag aangekla. Die saak is nog hangend.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!